Dit word ook te maklik oorgroei deur bosse en indringerplante weens veranderinge in vuur- en weidingstelsels. Volgens Amerikaanse wetenskaplikes in die vaktydskrif Science moet heelwat meer grasveldherstel op lang termyn plaasvind. Die proses moet gemeet word aan die kompleksiteit van antieke of ougrasveld.
Die navorsers wys daarop dat die skade aan grasveld wat reeds vir menslike gebruik omgeskakel is, onomkeerbaar is, en dat die stelsels waarskynlik nooit weer na ougroeitoestande sal kan herstel nie.
“Omskakelings moet waar moontlik vermy word. Praktiese herstelopsies moet uiteengesit word vir grasagtige ekostelsels, en moet kennis rakende die unieke vereistes vir hul biodiversiteit gebruik om ougroei-eienskappe te bevorder.”