
Vanjaar het die tydskrif drie herlewingslandboukonferensies aangebied, met die samewerking van verskeie organisasies en borge.
’n Herlewingslandboukonferensie is met groot sukses op 11 en 12 Maart op Reitz aangebied. Die Riemland-studiegroep en Graan SA het saam met Landbouweekblad wêreldbekende sprekers, kenners en van die beste plaaslike boere na dié Vrystaatse dorp gebring. Die konferensie is geborg deur Standard Bank, VKB, Dekalb en Elim Kunsmis.
Kort op die hakke van die Reitz-konferensie het die boere van Noordwes die geleentheid gekry om ’n herlewingslandboukonferensie op 13 en 14 Maart op Ottosdal by te woon. Die konferensie is aangebied met die samewerking van Graan SA en die Ottosdal-geenbewerkingsklub en geborg deur Standard Bank, Dekalb en Elim Kunsmis.
Die Kaapse herlewingslandboukonferensie is op 19 Maart op die Joostenbergvlakte buite Kaapstad aangebied met die samewerking met Graan SA en die Soil Health Support Centre. Inteligro en Sporatec was borge van dié konferensie.
Klik op die spreker se naam om sy/haar voorlegging af te laai:
Reitz
Ottosdal
Joostenbergvlakte