Lemmer se boerdery op die plaas Lemmerville by Hartbeesfontein is tradisioneel in die sin dat mielies en beesproduksie die hoofklem is, maar nuwe idees en toepassings vier hier hoogty. Drie jaar gelede het hy herlewingslandboupraktyke ontdek.
“Ek was by die Landbouweekblad-herlewings-landboukonferensie op Ottosdal, en die voordele het my dadelik opgeval.
“Pleks van oorlêlande het ons gaan kyk wat ons stroopseisoen opgelewer het. Ons het bevind die potensiaal van die dele wat oorlê, was baie laer as dié wat met dekgewasse beplant is. Só het ons begin om die laer dele met dekgewasse te verbeter.”