Ons ken die storie van die derduisende lewende mikroörganismes in ’n teelepel grond. Maar totdat ’n mens dit self sien, bly dit moeilik om die omvang daarvan te begryp. Mikroskopiese grondlewe is iets waarvan die mens nog bitter min weet.
Ek was absoluut oorbluf hoe ’n mikroskoop die wêreld van die ongesiende kan openbaar. Die mees ervare geleerdes is dit eens dat ons nog net sowat 5% van alle mikrolewe in die grond geïdentifiseer het. Kom ons kyk dus wat ons kan sien, en wat ons hoop om te sien.
Aalwurms