Vra enige gesoute mielieboer of hy 16-18 ton mielies/ha met 101 kg stikstof kan oes, en hy sal sê die vraesteller mors sy tyd, omdat ’n ton graan se onttrekkingspeil 18-20 kg werklike stikstof (N) beloop. Dit beteken vir ’n oes van 16 ton moet 280-320 kg N/ha voorsien word. Die boer moet dus daarvoor bemes.
Volgens die jongste bemestingsproewe wat by boere reg oor Suid-Afrika uitgevoer is, is sulke opbrengste wel haalbaar as stikstofbindende mikro-organismes suksesvol by bestaande boerderypraktyke ingesluit word.
Twee voerkrale by Polokwane en Dendron in Limpopo is die afgelope twee jaar besig met proewe onder leiding van Soiltech om minder chemiese stikstof in hul bemestingsprogramme te gebruik.