AFGRI
BEAN
08 Aug
-
8673
1,00
CORN
08 Aug
-
3997,4
26,40
SOYA
08 Aug
-
8780
60,00
SUNS
08 Aug
-
10300
-6,00
WEAT
08 Aug
-
6807
-79,00
WMAZ
08 Aug
-
4195
-25,00
YMAZ
08 Aug
-
4204
-16,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
29 Jul
-
60,38
0,45
Beeste AB2/3
29 Jul
-
58,48
0,27
Beeste B2/3
29 Jul
-
54,96
0,03
Beeste C2/3
29 Jul
-
47,7
-0,33
Bevrore Hoender
29 Jul
-
30,92
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
29 Jul
-
73,56
1,33
Bokooie
29 Jul
-
52,68
3,15
Groot (meer as 40 kg)
29 Jul
-
43,74
0,12
Hoender (IQF)
29 Jul
-
29,99
-0,06
Medium (30-40kg)
29 Jul
-
58,6
1,92
Pork Average
29 Jul
-
25,84
0,52
Poultry Average
29 Jul
-
30,84
0,04
Skaap A2/3
29 Jul
-
103,69
3,19
Skaap AB2/3
29 Jul
-
87,73
0,49
Skaap B2/3
29 Jul
-
80,62
-1,33
Skaap C2/3
29 Jul
-
77,93
-0,08
Speenkalf
29 Jul
-
37,01
0,05
Spekvarke
29 Jul
-
27,46
0,21
Stoorlammers
29 Jul
-
48,06
0,15
Varkwors
29 Jul
-
21,63
-0,07
Vars Hoender
29 Jul
-
31,63
0,08
Vleisvarke
29 Jul
-
25,68
0,50

Wes-Kaapse langtermynproef is ’n ‘wêreldleier’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Afgevaardigdes luister na 'n voorlegging tydens die Bewaringslandbou Wes-Kaap Jack Human-bewaringslandbouweek in Augustus 2022. Foto: Amelia Genis
Afgevaardigdes luister na 'n voorlegging tydens die Bewaringslandbou Wes-Kaap Jack Human-bewaringslandbouweek in Augustus 2022. Foto: Amelia Genis
Die langtermynproewe wat personeel van die Wes-Kaapse departement van landbou en hul vennote op die Langgewens-navorsingsplaas bedryf, is ’n wêreldleier op dié gebied.

Dr. Chloe MaClaren, ’n gewasekoloog by Rothamsted Research in Engeland, sê die groot persele wat in die Langgewensproef gebruik word en die feit dat vee “behoorlik” by die stelsels geïntegreer word deur skape op die proewe te laat wei, en nie net hooi te maak of hul mis te gebruik nie, is nie so algemeen by langtermynproewe nie.

Sy het op die lesingsdag van die Bewaringslandbou Wes-Kaap Jack Human-bewaringslandbouweek by Stellenbosch gesê die proewe versamel boonop gereeld ’n groot verskeidenheid data oor opbrengste, insetgebruik, grondgesondheid en wins.

Die proef bestaan uit vier gewasstelsels en vier waarin diere die medics bewei.

Sy het boere aangemoedig om die inligting wat uit die proefresultate kom, te benut. “Die proewe toets plaaslike stelsels in plaaslike omstandighede en verskaf betroubare uitslae.” 

blwk
Prof. Stuart Grandy (links) en dr. Chloe MaClaren. Foto: Amelia Genis

Produktiewer en doeltreffender

Resultate van die Langgewensproef, wat al 25 jaar aan die gang is, wys dat koringopbrengs en die doeltreffendheid waarmee hulpbronne gebruik word, hoër in diverse stelsels is.

“Grondkoolstof en bruto marges het oor tyd in alle stelsels (in die proef) toegeneem, maar tot ’n groter mate in stelsels met ’n groter verskeidenheid.”

MaClaren het gesê ontledings soos die stabiliteit van opbrengs, watergebruiksdoeltreffendheid en die gebruik van onkruiddoder sal mettertyd bygevoeg word.

Op dieselfde konferensie het prof. Stuart Grandy van die Universiteit van New Hampshire in Amerika gesê hy was beïndruk deur die verskeidenheid boerderystelsels, “die opregte pogings om meer volhoubare oplossings vir moeilike probleme te kry” en hoe diere en dekgewasse by stelsels ingesluit word. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.61
+1.0%
Rand - Pond
20.07
+0.9%
Rand - Euro
16.94
+0.8%
Rand - Aus dollar
11.60
-0.1%
Rand - Jen
0.12
+1.0%
Goud
1,788.72
+0.8%
Silwer
20.65
+3.8%
Palladium
2,244.50
+5.4%
Platinum
944.50
+0.8%
Brent-ruolie
94.92
+0.8%
Top-40
63,771
+1.0%
Alle aandele
70,266
+1.1%
Hulpbronne 10
65,045
+1.5%
Industriële 25
85,829
+1.1%
Finansiële 15
15,741
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek n sielsgenoot.
Ek doen fotografie en is altyd op die uitkyk vir nuwe geleenthede en ander genres, bied fotografie werkswinkels aan vir n groepie afgetredenis wat jonk van gees is, Lief vir die...
Vrienskap/ geselskap met moontlikhede
Eerlike en probeer altyd positief wees. Hou van die natuur en probeer soveel as moontlik te oefen, draf en stap. Hou daarvan om te lag en die lewe te geniet.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot