
Promosie-artikel:
1. Deur toonaangewende elektroniese programme
Afrivet, wat in 2000 tot stand gekom het, het die veeartsenykundige en para-veeartsenykundige bedryf stormgeloop. Deur 'n magdom bestuursinisiatiewe het die Afrivet-span hulself gevestig as een van die top 5-verskaffers van veegeneesmiddels en veeartsmedisyne in Suid-Afrika.
Met 'n fokus op gerief en gehalte het Afrivet werklik "jou veearts in die veld" geraak. Hulle het 'n tegniese ondersteuningsnetwerk bewerkstellig, bestaande uit veeartsenykundige spesialiste in ektoparasiete, immunologie, kuddegesondheid en intensiewe diereproduksies.
Die beste van alles is dat toegang tot dit alles in elektroniese formaat beskikbaar is: óf aanlyn óf deur die Afrivet-toepassing. Dit maak inligting en produkte geredelik beskikbaar, ongeag waar jy bly.
Laai vandag nog jou gratis toepassing af.
2. Die Plan A-bees-en-skaapbestuurstelsel
Die hoofdoel van die bees- en skaapbestuurstelsel is die bied van goeie raad ten einde jou plaas se produktiwiteit en winsgewendheid te verbeter.
Met die groeiende belangstelling in 'n holistiese benadering tot diereproduksie, het die Afrivet-span die Plan A-bees-en-skaapbestuurstelsel ontwikkel om relevante inligting te bied vir verskillende teelsiklusse.
Die resultaat is 'n geïntegreerde bestuurstelsel wat beskikbaar is vir alle Afrivet-boere. Hierdie doeltreffende proses begin met 'n behoefte-analisekonsultasie en word gevolg deur ondersteunende raad deur Afrivet se veeartse.
Vir die tegnologies-kundiges bied Plan A-skape ook 'n webgebaseerde program waar jy jou eie pasgemaakte plan kan ontwikkel.
As jy belangstel in die Afrivet Plan A-bees-en-skaapbestuurstelsel, skakel gerus die Afrivet-hulplyn by 0800VEEARTS of besoek http://wwww.afrivetplana.co.za
3. Aanlyn-CPD-lesings van wêreldgehalte vir professionele persone in die veeartsenykundige bedryf
Die Afrivet-akademie is 'n aanlyn-opleidingsentrum vir alle professionele veeartse en para-veeartsenykundiges. Deur video-opleiding van hoë gehalte kan professionele persone die nuutse opleiding ontvang van bedryfsleiers en aan die voorpunt bly van nuwe ontdekkings, teorieë en die wetenskap.
Die Afrivet-akademie is ontwikkel om die hele professie op te lei, ongeag waar in die wêreld jy praktiseer. Die webgebaseerde opleidingsentrum is ontwikkel met die verstandhouding dat sommige professionele persone in landelike omgewings woon en dit moeilik vind om CPD-lesings by te woon.
Die Afrivet-akademie raak ontslae van dié probleem deur video-lesings van hoë gehalte te bied op 'n platform wat maklik is om baas te raak. Lede kan net wanneer hulle wil die webwerf besoek en na die lesings kyk.
Voorts het jy ook nie 'n blitsvinnige internetverbinding nodig nie. Al die videos word teen 'n verskillende spoed aan gebruikers beskikbaar gestel.
Wanneer hulle ingeteken het, het lede toegang tot 'n opsomming van die geakkrediteerde praatjie. Dan, nadat hulle die voorlegging gekyk het, moet hulle 'n toets voltooi om die CPD-punte te kry.
Laastens ontvang lede 'n elektroniese sertifikaat nadat hulle die module voltooi het, wat die CPD-reis uiters gerieflik maak.
Sluit vandag nog aan by die Afrivet-aanlynakademie!