AFGRI
BEAN
28 Mrt
-
9617
0,00
CORN
28 Mrt
-
4624
0,00
SOYA
28 Mrt
-
8120
0,00
SUNS
28 Mrt
-
8620
0,00
WEAT
28 Mrt
-
6506
0,00
WMAZ
28 Mrt
-
4034
0,00
YMAZ
28 Mrt
-
4048
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Hoe kom die graanmark weer in ewewig?

Wat is die kern van die krisis in die graanbedryf, maar veral, hoe word dit opgelos?

Wat is die kern van die krisis in die graanbedryf, maar veral, hoe word dit opgelos? Wat dink individuele boere? En woordvoerders buite die boerderysektor? Ons het met 'n paar gaan gesels oor die voorstelle wat op die afgelope protesvergaderings van Graan SA gemaak is.

Soos te verstane, wek die graandilemma geweldig emosie op. Baie boere val die vrye mark aan en sê selfs Safex moet toegemaak word. Die Regering word ook skerp gekritiseer.

Ander benader die saak meer klinies. Danie Minnaar, 'n boer van Kroonstad en ondervoorsitter van Senwes, is realisties: "Solank die surplus hier lê, gaan kopers ons nie meer as die huidige pryse bied nie. Eers as die mielies landuit begin gaan, sal ons weer 'n prys tussen invoer- en uitvoerpariteit kry," sê hy.

Minnaar gee toe 'n droogte in Februarie en Maart kan die mielieprys uiteraard weer laat klim, maar sê reguit: "Ons moet moet iets doen aan die vraagkant van mielies. Ons is nou feitlik op uitvoerpariteit, so ons mielies kan landuit begin gaan. Die mark sal egter vier of vyf maande lank teen die heersende pryse moet verhandel om iets aan die huidige surplus te kan doen."

Hy reken die langtermynoplossing is tweërlei: Die heffing op koring moet reggestel word, en die Regering moet oorreed word om by die vervaardiging van etanol uit mielies betrokke te raak.

Wat is sy gedagtes ten opsigte van die koringtarief?

Mielieboere kan nog mielies produseer teen invoerpariteit, maar Kaapse koringboere kan dit nie met hul produk doen nie. En dít het 'n rimpeleffek, sê Minnaar.

"Die Regering moet die heffing verhoog sodat die koringprys met R300/ton kan klim in die Kaap. Dan sal dit vir daardie boere weer die moeite werd raak om te produseer. Gebeur dít, kom nuwe scenario's na vore. Ons voer elke jaar sowat 'n miljoen ton koring in. Sou die tarief verhoog word, kan die Safex-koringprys in die binneland van R1 300/t tot R1 600/t klim. Dan kan hulle ook weer plant en kan 500 000 ha mieliegrond teruggeswaai word na koring toe.

"Want onthou nou," sê Minnaar, "die Vrystaatse boere was by koring, maar toe die koring-scenario so versleg het voor mielies s'n, het hulle koring gelos en mielies geplant. En op die ou end het dít bloot veroorsaak dat die mieliebedryf vinniger op hierdie huidige dilemma afgestuur het.

"Vat ons dus daardie 500 000 ha terug na koring toe, gee dit jou 'n miljoen ton ekstra koring, en kom die koringsituasie in balans. Dan hoef ons nie meer in te voer nie. Bereken teen laas jaar se gemiddelde opbrengs van 3,2 t/ha vir mielies, haal ons met daardie 500 000 ha terselfdertyd 1,6 miljoen ton mielies uit die mark."

Minnaar is opgewonde oor geluide wat nou gemaak word oor 'n etanol-aanleg wat jaarliks bykans 'n miljoen ton mielies uit die mark kan opneem, maar hy is terselfdertyd realisties. "As 'n etanol-aanleg so vreeslik winsgewend is, sou die vrye mark al daarmee begin het en sou die Sasols van hierdie wêreld al toegetree het. Die etanol-som klop dalk op R400/t, maar teen R1 200/t klop hy nie. Watter entrepreneur sal hierdie risiko wil loop?"

In Amerika is dit 'n ander storie, want die mielieprys wissel daar tussen $80 (sowat R480) en $100 (sowat R600). Hulle weet dus wat hul grondstof kos.

Nietemin glo hy die etanol-projek het moontlikhede, met dievoorwaarde: Die Regering móét as vennoot in so 'n projek betrek word. "Ons moet na die Regering toe gaan en vir hom sê: 'Julle het Sasol destyds gehelp om brandstof uit steenkool te vervaardig. Dit is 'n strategiese nywerheid. Die prys van Brent-ru-olie kan dalk klim tot $70 (sowat R420) per vat. So kom, maak dus as die staat 'n belegging in etanol'."

Maar, las hy onmiddellik by, dit sal aan die staat duidelik uitgespel moet word watter voordele dit vir die staat self en vir die land as geheel gaan inhou.

Niemand kan wen met sulke data nie

Mnr. Jannie de Villiers, uitvoerende direkteur van die Meulenaarskamer, voel baie ernstig dat die leiers uit die hele graanbedryf saam na oplossings vir die huidige krisis moet soek — nie net die boere nie.

"Ek wil graag aansluit by 'n produsent wat op die protesvergadering in Centurion gesê het 'Ons moet ophou om ons koeëls op mekaar uit te skiet, want dan het ons niks oor as die regte vyand opdaag nie'. Dis tyd dat die leiers in die bedryf bymekaar kom en dat die waardekettings in die graanbedryf saam moet sit en oplossings vir volhoubaarheid vir alle belanghebbendes bewerk.

"As ek die kern van die krisis in die mieliebedryf moet opsom, is dit bloot dat die aanbod van mielies baie groter as die vraag is en dat surplusse weens gesubsidieerde, lae internasionale pryse nie winsgewend uitgevoer kan word nie. Dit veroorsaak lae pryse wat dit onekonomies maak om mielies te produseer.

"Die oplossing lê daarin dat die vraag na mielies verhoog moet word om die surplus te verklein. Die afgelope twee jaar se witmielieverkope wys daar is geen groei in die mark nie, ondanks die feit dat die prys van supermieliemeel (12,5 kg) van R44 in Oktober 2002 tot R24 vandag gedaal het. Dit wil lyk asof daar eerder na 'n alternatiewe vraag gekyk sal moet word. Daarom steun ek die gedagte vir die verpligte gebruik van etanol as deel van Suid-Afrika se energieplan."

De Villiers sê die ander alternatief is om die aanbod te verlaag. Hy reken die belanghebbendes in die waardeketting het die nuwe tegnologie heeltemal onderskat, veral as daar na die mielie-oes se prestasie die afgelope twee jaar gekyk word. "Die opbrengs was aansienlik hoër as die langtermyn-gemiddeld waaraan ons gewoond geword het. Die persone en instansies wat elke jaar wolf-wolf oor El Niño skree, moet ook weer na hul data en modelle gaan kyk."

Die ander faktor wat groot prysskommelings en pyn in die mark veroorsaak, is die onakkuraatheid van die oesskatting. Dit moet nou finaal opgelos word. Niemand (behalwe spekulante) in die mark wen met die deurlopende onderskattings nie.

Aangesien die binnelandse vraag en aanbod 'n groter invloed op die binnelandse prys het, sal 'n verhoging in die invoertarief vir mielies nie op kort termyn 'n bydrae tot die oplossing lewer nie. Dit is egter so dat die tariewe van ander stroom-af produkte (soos melk en hoender) wel bydra tot groei in die verbruik van mielies.

"Vir my lê die oplossing van die krisis in die koringbedryf daarin dat ons meer navorsing moet doen om die opbrengs van koring te verbeter. Die Wintergraantrust het onlangs 'n groot rol gespeel in die stigting van 'n konsortium van wetenskaplikes by ons universiteite (saam met die LNR en private telers) om via merkertegnologie die droogte- en siektebestandheid — en sodoende die opbrengs van ons koring — te verbeter," aldus De Villiers.

Niemand kan wen met sulke data nie

Mnr. Jannie de Villiers, uitvoerende direkteur van die Meulenaarskamer, voel baie ernstig dat die leiers uit die hele graanbedryf saam na oplossings vir die huidige krisis moet soek — nie net die boere nie.

"Ek wil graag aansluit by 'n produsent wat op die protesvergadering in Centurion gesê het 'Ons moet ophou om ons koeëls op mekaar uit te skiet, want dan het ons niks oor as die regte vyand opdaag nie'. Dis tyd dat die leiers in die bedryf bymekaar kom en dat die waardekettings in die graanbedryf saam moet sit en oplossings vir volhoubaarheid vir alle belanghebbendes bewerk.

"As ek die kern van die krisis in die mieliebedryf moet opsom, is dit bloot dat die aanbod van mielies baie groter as die vraag is en dat surplusse weens gesubsidieerde, lae internasionale pryse nie winsgewend uitgevoer kan word nie. Dit veroorsaak lae pryse wat dit onekonomies maak om mielies te produseer.

"Die oplossing lê daarin dat die vraag na mielies verhoog moet word om die surplus te verklein. Die afgelope twee jaar se witmielieverkope wys daar is geen groei in die mark nie, ondanks die feit dat die prys van supermieliemeel (12,5 kg) van R44 in Oktober 2002 tot R24 vandag gedaal het. Dit wil lyk asof daar eerder na 'n alternatiewe vraag gekyk sal moet word. Daarom steun ek die gedagte vir die verpligte gebruik van etanol as deel van Suid-Afrika se energieplan."

De Villiers sê die ander alternatief is om die aanbod te verlaag. Hy reken die belanghebbendes in die waardeketting het die nuwe tegnologie heeltemal onderskat, veral as daar na die mielie-oes se prestasie die afgelope twee jaar gekyk word. "Die opbrengs was aansienlik hoër as die langtermyn-gemiddeld waaraan ons gewoond geword het. Die persone en instansies wat elke jaar wolf-wolf oor El Niñ:o skree, moet ook weer na hul data en modelle gaan kyk."

Die ander faktor wat groot prysskommelings en pyn in die mark veroorsaak, is die onakkuraatheid van die oesskatting. Dit moet nou finaal opgelos word. Niemand (behalwe spekulante) in die mark wen met die deurlopende onderskattings nie.

Aangesien die binnelandse vraag en aanbod 'n groter invloed op die binnelandse prys het, sal 'n verhoging in die invoertarief vir mielies nie op kort termyn 'n bydrae tot die oplossing lewer nie. Dit is egter so dat die tariewe van ander stroom-af produkte (soos melk en hoender) wel bydra tot groei in die verbruik van mielies.

"Vir my lê die oplossing van die krisis in die koringbedryf daarin dat ons meer navorsing moet doen om die opbrengs van koring te verbeter. Die Wintergraantrust het onlangs 'n groot rol gespeel in die stigting van 'n konsortium van wetenskaplikes by ons universiteite (saam met die LNR en private telers) om via merkertegnologie die droogte- en siektebestandheid — en sodoende die opbrengs van ons koring — te verbeter," aldus De Villiers.

Gevolge van beheer nou gemaai

In teenstelling met wat sommige boere glo, is die deregulering van koringbemarking nie die oorsaak van die probleme wat koringboere nou ondervind nie, maar kan dieprobleme veel eerder voor die deur van jare van beheerde bemarking gelê word, sê 'n kenner.

"Dit sou ook nie vir die Regering volhoubaar wees om terug te keer na die regulering van landbouproduksie en -bemarking nie."

Hy sê Kaapse koringboere ervaar die probleem in 'n dubbele dosis omdat hulle naby 'n invoerhawe en ver van die grootste deel van die verbruikers van hul produk is.

"Die oplossings is baie, baie ingewikkeld. As daar maklike antwoorde was, sou die boere dit al toegepas het."

As hulle wil aanhou om koring te produseer, moet Kaapse koringboere miskien voergraanproduksie oorweeg, veral in die lig van al die mielies wat van die noorde af hierheen vervoer moet word. "Dit sal nie so betalend wees soos broodkoring nie, maar wat kan hulle anders doen — veral in die Swartland? Hulle kan nie op groot skaal oorskakel na vee nie, en daar is nie veel potensiaal in die uitbreiding van die mark vir hawer, rog en gars nie."

Die kenner sê as gevolg van gewaarborgde koringpryse wat boere in die vorige bedeling ontvang het, is koring op marginale grond verbou en het plase veral in die Swartland kleiner geword. "As plase groter word sodat skaalekonomie verkry kan word, sal boere dalk kan oorleef, maar dit sal beteken dat sekere mense die boerdery moet verlaat."

Die oplossing sal "enorme struktuurveranderinge" verg, wat volgens hom altyd moeilik en duur en nie sonder slagoffers is nie.

"Dit help nie regtig om te sê die boere moet meer doeltreffend boer en koste besnoei nie. Hoe ver kan hulle koste besnoei? Hulle kan mos nie teruggaan na die sens nie."

Hy besef die boere kry baie swaar, maar sê die Regering sal 'n presedent skep as dit boere op groot skaal subsidieer. "Ons Regering het nie daardie soort geld nie en sy prioriteite is nou anders."

Om die invoertarief op koring te verhoog, is miskien die enigste ander oplossing, maar, waarsku hy, dit behoort 'n voorwaardelike ingryping te wees. "Dit moet 'n tydelike maatreël wees wat boere die geleentheid gee om aanpassings te maak."

'n Verhoogde invoertarief kan die broodprys met 13c laat styg, wat beteken dat die armes die relatief rykes subsidieer — geen kans daarvoor in die nuwe Suid-Afrika nie! "Miskien moet die Regering dan voedselkoepons vir die armes gee, hoewel dít uitgebuit kan word."

Hoër tariewe gaan práát kos!

Dr. Kit le Clus van die departement landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat het sy bedenkinge oor 'n etanol-aanleg, en reken hoër invoertariewe gaan harde oorredingswerk verg.

Na sy mening het die graankrisis drie bene:

  • Die sterk rand, wat invoer teen bestaande tariewe tegoedkoop maak.
  • 'n Hopelose oorproduksie van wit mielies.
  • 'n Onvermoë van graanprodusente om by die vrye mark aan te pas, moontlik omdat hulle in 'n bepaalde kapitaalstruktuur vasgevang sit wat hulle nie beweegruimte bied nie. Dit kan ook wees omdat hulle nie betyds die boodskap kry of glo dat hulle moet aanpas nie, en/of dat hulle nie weet hoe om hul graan ten beste in die vrye omgewing te bemark en hul pryse te bestuur nie.

    Die eerste vraag is sekerlik wat gedoen moet word om die boere in 'n ewewigsposisie te plaas vanwaar hulle normale aanslae kan hanteer sonder om kort-kort die Regering om hulp te vra.

    Maar dan is die tweede vraag net so belangrik, naamlik: Wie moet wat doen, en hoe? Wat moet die boer self doen, wat moet sy organisasie(s) doen, en wat moet die Regering doen? En hoe gaan die een die ander kry om te doen wat gedoen moet word?

    "Dit gaan 'n helse geveg afgee om die Regering te oorreed om tariewe te verhoog, veral waar daar reeds stemme van verbruikerskant gehoor word dat hoër tariewe nie die antwoord is nie. Het die boere genoeg feite om 'n sterk genoeg saak uit te maak? Sal dit werklik 'n blywende oplossing bied? Hoe lank gaan dit vat voordat die voordeel van die gevolglike hoër binnelandse pryse maar net in hoër grondhuur en -pryse verswelg word sonder om enige strukturele veranderinge teweeg te bring?

    "Hoe sal hoër tariewe help om uiteindelik 'n nuwe, langertermyn-stabiliteit te skep waarin die boere die ander aanslae wat hulle sal tref, kan oorleef? Hierdie is alles vrae wat in 'n aansoek om hoër tariewe beantwoord sal moet word.

    "En, onthou, die Suid-Afrikaanse Regering kan nie meer self oor sy tariewe besluit nie, want ons Doeane-unievennote moet nou ook hieroor besluit — en hoër tariewe op grane pas hulle nie omdat hulle netto invoerders is."

    Le Clus sê die oorproduksie van mielies moet getem word deur iets meer fundamenteels as om vir die volgende droogte te wag. Daar is in die verlede verskeie pogings aangewend, soos die grondomskakelingskema, beroepe op boere, advies aan boere, en vrywillige uitvoerpoele. Hiervan het net die grondomskakelingskema positiewe resultate gehad.

    In die finale instansie moet gevra word of die vrye mark wél die oplossing vir die boere se probleme is, en of daar nie weer na die een of ander vorm van intervensie gekyk moet word nie. Sien die bedryf en die politici weer daarvoor kans? Indien nie, hoe gaan die boere uiteindelik geïnspireer word om die hulpmiddele wat vir hulle geskep is, te gebruik om hul graan beter te bemark? Kan die beter gebruik van vooruitkontrakte, termynkontrakte en opsies hulle genoegsaam help?

    "Ek glo nie dat etanol en biodiesel kan werk in 'n mark waar die pryse binne 'n seisoen van R600/ton tot R1 900/ton kan wissel nie. Niemand sal groot geld belê in 'n onderneming as die pryse van sy grondstowwe so 'n reuse-risiko is nie.

    "Daar lê vindingryke werk voor, en die antwoorde sal nie noodwendig gewild wees nie. Die vrye mark sal uiteindelik sélf wanbalanse regstel - en dieproses is altyd pynlik. Ek glo dat hierdie werklikheid eers deur genoeg boere besef moet word voordat hulle werklik sal saamwerk om 'n nuwe balans vrywilliglik te bewerkstellig."

    18 Februarie 2005

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.25
+0.3%
Rand - Pond
22.48
+0.1%
Rand - Euro
19.73
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.21
-0.3%
Rand - Jen
0.14
-0.4%
Platinum
970.72
+0.3%
Palladium
1,409.49
+0.6%
Goud
1,959.87
+0.2%
Silwer
23.04
-0.2%
Brent-ruolie
78.12
+4.0%
Top-40
69,785
0.0%
Alle aandele
75,284
0.0%
Hulpbronne 10
64,924
0.0%
Industriële 25
102,191
0.0%
Finansiële 15
15,417
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na liefde
Ek is eerlike opreg en weet hoe om ' n dame spesiaaal te laat voel. Ek hou ook van buite lewe en avontuurlustig
Blank
Ek is redelik jonk van gees. Hou van dans en kook. 'N sin vir humor is belangriker as 'n resiesfiets.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot