
Promosie-artikel:
Die Lean Six Sigma-landboukonferensie op 3 en 4 Mei 2016 by die CSIR sal 'n spreker insluit van Airinov, 'n wêreldwye voorloper op die gebied van presisielandbou en wat gebruik maak van hommeltuie om boere te help om hul gewasse beter te monitor.
Hulle bemestingaanbevelingskaarte vir koring, gars en oliesaadrape sal binnekort aangevul word deur nuwe, gevorderde aanwendings by ander gewasse. 'n Demonstrasie sal gelewer word as deel van die Lean Six Sigma-landboukonferensie, sodat boere eerstehands die data van die landerye kan sien.
Presisie is die weg vorentoe vir 'n meer volhoubare landboubedryf. Afstandswaarneming deur middel van hommeltuie het 'n groot rol om in hierdie revolusie te speel – dit is Airinov se visie. Die maatskappy is in 2010 gestig deur die seun van 'n Franse boer en twee ingenieurs, wat die eerste multi-spektrale sensor vir hommeltuie ontwerp het, in samewerking met die voorste agronomiese R&D-sentrum, INRA.
Die multi-SPEC 4C-sensor kan plantrefleksie op vier verskillende golflengtes meet, wat baie waardevolle inligting bied oor plantontwikkeling en -gesondheid. Danksy die gebruik van vastevlerk-hommeltuie (in stede van die meer bekende multi-rotortipe), kan Airinov landerye van 15 ha tot 150 ha in ongeveer 30 minute dek, afhangend van vlughoogte.
Wat hierdie tegnologie so revolusionêr maak, is Airinov se vermoë om beelde in bruikbare, praktiese inligting vir boere te omskep. Byvoorbeeld: Danksy ongeëwenaarde agronomiese modelle kan gekwantifiseerde aanbevelingskaarte van boere se landerye verskaf word waarin behoeftes vir die stikstof-inset vir koring, gars of oliesaadrape in kg/ha gespesifiseer word tot binne 'n vierkante meter.
Die bykomende waarde vir 'n boer is om sy bemestingsproses beter te bestuur en dit aan te pas by die landerye se WERKLIKE behoeftes. Indien versoek deur die boer, kan analises saam met die veranderlike koers-aanwendingskaarte gebied word.
Hierdie gevorderde kaarte dra waardevolle inligting oor die veranderlikes van landerye en stel enige boer wat belangstel in presisieboerdery in staat om sy kennis van sy landerye te vergroot. In die gees van hierdie filosofie, werk Airinov altyd hand aan hand met agronome/plaasadviseurs om die meeste van ons kaarte te maak.
Behalwe vir hierdie gevorderde aanwendings, kan boere ook die meer klassieke NDVI-kaarte geniet, aangepas vir enige gewas. Sulke kaarte stel hulle in staat om waar te neem wat in hul landerye gebeur, byvoorbeeld in 'n area wat meer aandag moet geniet. Dit lig die boer in waar verdere analise onderneem moet word om die wortel van die probleem te identifiseer. Een van die hulpmiddels van Lean Six Sigma-bestuur is die 5 "waaroms". Hierdie tegniek word gebruik in die analise-fase van die Six Sigma DMAIC-metodologie (Define, Measure, Analyze, Improve, Control) en vereis van jou om te vra: Waarom het jou gewasse sleg gevaar (antwoord: Nie genoeg water); waarom was daar nie genoeg water nie (omdat die pomp gebreek het); waarom het die pomp gebreek, ens. Ek dink julle kry die idee.
In die lente van 2015 is kaarte aan 5 000 boere verkoop vir 'n totaal van 100 000 ha landerye, afgelewer twee tot vier dae ná die vlug. So 'n vinnige omkeertyd bied uiters waardevolle inligting aan boere waarmee hulle tot aksie kan oorgaan.
Om meer uit te vind, skakel die organiseerders by 011 268 1859 of e-pos: info@1point6media.co.za. Om voordeel te trek uit die spesiale aanbod vir vroeë besprekings, gaan na: www.1point6media.co.za.