
Die Worcester-skou is nie net die oudste skou in Suid-Afrika nie, maar ook die ideale geleentheid om ’n konferensie, aangebied deur Landbouweekblad, by te woon.
Landbouweekblad sal tydens dié skou, wat in Januarie aanstaande jaar vir die 129ste keer aangebied word, ’n konferensie aanbied met hoofsprekers wat praatjies sal lewer en inligting sal gee oor die nuutste ontwikkelings in die plaaslike landboubedryf.
Volgens mnr. Chris Burgess, hoofredakteur van Landbouweekblad, word lesers ook genooi om ’n glasie wyn in die tydskrif se Pars-en-proe-tent te kom geniet. Dié tent word met die samewerking van Landbouweekblad se susterstydskrif, Huisgenoot, aangebied.
Besoekers kan uitsien na musiekoptredes en ander produkte, soos wyn, biltong en kaas, uit die omliggende streek.
“Kom maak ook ’n draai by Landbouweekblad se kraampie op die skouterrein, ons gesels graag met julle,” nooi Burgess verder.
Die skouprogram is:
Woensdag 25 Januarie
08:00 Skou open op Kleinplasie
09:00 Landbouweekblad-konferensie
13:00 In die Pars-en-proe-tent
Donderdag 26 Januarie
08:00 Perdeskou in die perde-arena
Skou en kraampies open
08:30 Beesskou in die beesringe
09:00 Seniorburger-spele by die wynkelder-kroeg
12:00 Die Wes-Kaapse Pluimveeklub-beoordeling in die blommesaal
14:00 Jeugskou by die beesringe
15:00 Straatoptog op die Worcester-kerkplein
18:00 Mnr. en Mej. Mini-Worcester-skou op die Huisgenoot-verhoog
Vrydag 27 Januarie
08:00 Perdeskou in die perde-arena
Skou en kraampies open op Kleinplasie
08:30 Beesskou in die beesringe
10:00 Die Wes-Kaapse Pluimveeklub oop vir die publiek in die blommesaal
14:00 Bees opperste kampioenbyeenkoms
19:00 Arabierperde-prestigefunksie in die Pietman Hugo-saal
Saterdag 28 Januarie
08:00 Perde in die perde-arena
Skou en kraampies open
10:00 Die Wes-Kaapse Pluimveeklub oop vir die publiek in die blommesaal
9 Desember 2011