AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
9998,4
-117,60
CORN
20 Mrt
-
4457,6
-43,40
SOYA
20 Mrt
-
8505
-103,00
SUNS
20 Mrt
-
9390
-248,00
WEAT
20 Mrt
-
6630
-41,00
WMAZ
20 Mrt
-
3950
-38,00
YMAZ
20 Mrt
-
4156
-27,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
0,00
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
0,00
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,00
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
0,00
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
0,00
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
0,00
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
0,00
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,00
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
0,00
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
0,00
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,00
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
0,00
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,00
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
0,00
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
0,00
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
0,00
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,00
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
0,00
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,00
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,00
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
0,00
Deel

Hulp en teelmateriaal vir visboere

Danksy navorsing is daar nou hulp en teelmateriaal vir boere wat hul hand aan visboerdery wil waag.

Baberboerdery is 'n onderskatte soort boerdery met groot winsmoontlikhede op die plaaslike en uitvoermarkte. Danksy navorsing is daar nou hulp en teelmateriaal vir boere wat hul hand aan visboerdery wil waag.

"Baie boere weet nie hoe om met babers te boer nie en ook nie hoe winsgewend hierdie soort boerdery kan wees nie. Nog 'n probleem is dat te veel visboere net op 'n paar basiese varswatervissoorte, soos forel, kurper en baars, konsentreer en Suid-Afrikaanse vissoorte, soos geelvis, onderbek, baber, moggel en ander kleineres, ignoreer."

Dit is die mening van mnr. Pierre de Villiers, 'n assistentdirekteur van wetenskaplike hulpverlening van die departement van toerisme, omgewing en ekonomiese sake in die Vrystaat.

De Villiers het 'n meestersgraad in visserywetenskap en doen al 12 jaar lank navorsing hieroor by die Gariepdam se visteelstasie. Hy het die waarde van die baber ontdek toe hy ondersoek ingestel het na die redes waarom uitheemse visse (soos forelle) in die Oranje-Vaalrivierstelsel met visse eie aan die Oranjerivier en Gariepdamgebiede (soos geelvisse en babers) vervang moet word.

Hy het terselfdertyd vasgestel hoe om die mededingendheid van inheemse vissoorte te verbeter. Bemarking en prys is twee deurslaggewende aspekte van visboerdery. Plaaslike verbruikers besef nie hoe smaaklik 'n baber is nie. Die baber is in die buiteland, veral in Europa, Amerika en die Oosbloklande, 'n uiters gesogte gereg. In Taiwan is 'n universiteit waar navorsing gedoen word oor visproe en die smaaklike voorbereiding van vis.

Volgens hom bestaan daar nie iets soos die ideale vissoort nie. Sommige inheemse spesies (eie aan betrokke gebiede) is egter baie winsgewender as omgewingsvreemde uitheemse soorte. Sommiges groei ook stadiger as ander.

"Boer dus liewer met die regte soort vis vir die regte omgewing en pas die regte bestuursmetodes toe. Uitheemse visse in 'n omgewing waar hulle nie werklik aangepas is nie, verswak die mededingendheid van die omgewing se inheemse visse deur inteling en voedselmededinging en suiwer visspesies gaan verlore."

"Omgewingstemperatuur speel 'n belangrike rol. Dit beïnvloed die teel en grootmaak van visse asook die koste van visboerdery. In omgewings met klimaatuiterstes, soos die Gariepdam en die Vrystaat (tot -8 grade C in die winter en 44 grade C in die somer), is visboerdery 'n uitdaging. 'n Visboer moet die kostedoeltreffendste metode vind om die maksimum groei (sowat 1 kg) binne die ses maande tot sy beskikking te kry.

Een só 'n metode is om tegnologie te gebruik waarmee die temperatuur van binnenshuise watertenks vir 12 maande gereguleer (verhitting of verkoeling) kan word om maksimum groei te bewerkstellig. Dit is egter duur en dit is raadsaam om eers 'n mark te kry voordat hoë koste aangegaan word.

Babers groei binne ses maande soveel soos ander soorte in twee tot drie jaar. Geelvisse en moggels groei byvoorbeeld 200 g tot 300 g per jaar, wat hulle onwinsgewend maak. Die winspotensiaal van die baber regverdig dus die hoë koste. Vir baberboerdery beveel De Villiers hersirkuleringstelsels aan wat binnenshuise watertenks verhit.

'n Verdere voordeel van baberboerdery is dat baie navorsing daaroor gedoen is, terwyl ander inheemse soorte, soos geelvisse, navorsingsgewys afgeskeep is. "Daar is dus genoeg kennis beskikbaar."

Visboere wat uitheemse vissoorte teel, moet besef dat dit nadelig vir die omgewing kan wees. "Besigheidseienaars gooi dikwels uitheemse visse, soos forel en baars, in riviere vir toeristehengel en besoedel só die riviere.

Uitheemse visse verlaag die bemarkbaarheid van inheemse visse op meer as een manier. "Geneties vermengde spesies se groeitempo verskil byvoorbeeld van die suiwer spesies s'n en beïnvloed produksie en opvolgteling. Uitheemse visse kompeteer voedselgewys met inheemse visse (forel kompeteer met geelvis en baber) in riviere - dit vertraag groei en beïnvloed visoeste nadelig. Ander vissoorte soos baars (wat ander visse vreet) kan letterlik riviere se hele inheemse visbevolking uitroei.

Suiwer teelvisse beskikbaar

Om voornemende baberboere by te staan, word babers by die Gariepdam se visteelstasie geteel en teen 35 sent per vingerling aan visboere verkoop. Dié geld word vir verdere visnavorsing by die teelstasie gebruik. Boere kry ook gratis raad oor baberboerdery.

Die visteelstasie is in die gelukkige posisies dat sy vis (geneties én met parasiete) nie besoedel is nie, sê De Villiers. "Dit spaar boere die moeite om self te sukkel om 'n suiwer soort te probeer teel."

Die teelproses by die stasie verloop soos volg:

  • Tien tot vyftien babers word geoes uit teelvisdamme by die teelstasie. Die damme kry water uit die Gariepdam.
  • Die wyfies en mannetjies word afsonderlik in tenks geplaas waarin die watertemperatuur beheer word. Die temperatuur wissel van 26 grade C tot 28 grade C. Babers wat buitenshuis geteel word, se watertemperatuur moet nie laer as 20 grade wees nie en nie hoër as 28 grade nie. As dit hoër is as 28 grade is, kan abnormaliteite voorkom en as dit laer as 20 grade is, ontwikkel die "gonads" (eiersakkie en testes) nie.
  • Die wyfies en die mannetjies word met 'n spesiale hormoonmengsel ingespuit om hulle teelgereed te kry. Omdat dit 12 uur duur voordat die vis die hormone opgeneem het, word hulle saans (21h00 tot 22h00) ingespuit. "Dit is makliker om hulle saans in te spuit, want dan kan hulle ná 12 uur in die daglig dopgehou word om te bepaal wanneer hulle gereed is vir die stroop van eier- en spermselle.
  • Ná 12 uur word die mannetjies en wyfies gestroop. Die wyfie word eers gevang en haar eiers afgestroop in 'n kleinerige plastiekbak. Daarna word drie mannetjies se spermselle gestroop (drie mannetjies per een wyfie vir genetiese variasie) en in dieselfde bak geplaas.
  • Om nie die eiers/sperms te beskadig nie, word dit met 'n hoenderveer gemeng. Water word dan bygevoeg om die eiers te bevrug. Bevrugting vind binne 30 tot 60 sekondes plaas.
  • Die bevrugte eiers word in spesiale watergevulde tenks geplaas. 'n Haelnet of spesiale eierbak is binne-in aangebring. Die eiers kleef daaraan en broei daar uit. Omdat eiers klewerig is, moet vinnig gewerk word om klonting en vrektes te voorkom.
  • Babers broei binne 24 uur uit.
  • Nadat die eiers uitgebroei het, leef die larwes die eerste paar dae van die eiersakkie. Die regulering van die temperatuur is hier besonder belangrik. Indien dit 28 grade C oorskry, absorbeer die larwe sy eiersakkie te vinnig, ontwikkel sy derms nie voldoende nie en kan dit lei tot ander abnormaliteite.
  • Wanneer die larwes gereed is om self te vreet (ná so 2 dae), kry hulle fyn kos (baberpille wat fyn gemaal is). Babers is ná een week gereed om in groter tenks gesit te word. Hulle kan nie saam met groot vis in damme geplaas word nie.
  • Ná 10 tot 20 weke het hulle gegroei tot vingerling-lengte. Hulle word geoes, getel, volgens grootte gesorteer en in afsonderlike damme (na gelang van grootte) geplaas totdat hulle verkoop word. Daar is 15 vingerlingdamme by die teelstasie.

    29 April 2005

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.52
-0.6%
Rand - Pond
22.75
-1.7%
Rand - Euro
19.86
-0.8%
Rand - Aus dollar
12.44
-1.2%
Rand - Jen
0.14
-1.3%
Platinum
986.85
+1.9%
Palladium
1,415.83
+0.3%
Goud
1,983.06
-0.3%
Silwer
22.55
-0.2%
Brent-ruolie
72.97
-2.4%
Top-40
68,799
+2.6%
Alle aandele
74,271
+2.4%
Hulpbronne 10
65,660
+4.2%
Industriële 25
99,818
+2.8%
Finansiële 15
15,066
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons begin oor
Wat skryf ek nou hier? Leer my eerder ken besluit self. Ek is wel n omgee mens en hou van bederf.
Waarna soek jy
Hoekom is mense hier en kan aanlyn vir jou die antwoord wees Kom ons kyk, en nou kan mense in die boere taal gesels
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot