
Die eenvoudige antwoord is die gebruik van ‘n groepering van GPS-satelliete vir boerderytoepassings wat koördinate aandui met ‘n akkuraatheid van ver minder as een meter, met tipiese akkuraatheid onder 4,5 cm, gemeet oor ‘n 24-uur tydperk.
John Deere se ingenieurs pas al sedert 1994 gevorderde satelliet-tegnologie toe om boerdery meer effektief te maak, koste te verminder en die impak op die omgewing te beperk. ‘n Sprekende voorbeeld daarvan is John Deere se StarFire RTK, met ‘n absolute akkuraatheid van ongeveer 2cm en ‘n relatiewe akkuraatheid van slegs millimeters; bedoel vir gebruik met toerusting wat ten volle geoutomatiseerd is.
Hoe werk dit?
Mnr. Patrick Roux, besturende direkteur by AFGRI Equipment, verduidelik dat RTK (Real Time Kinematic) ‘n ware-tyd kinetiese stelsel is met ‘n groepering van GPS-satelliete wat van enige van AFGRI se 35 basisstasies gebruik maak om die posisie van al die StarFire 3000-ontvangers in ware tyd te bereken. Dit beteken elke saadjie kan op presies die regte area geplant word, of elke spreier kan op presies die regte plek oopgedraai word.
So het John Deere se StarFire RTK die perfekte oplossing gebied toe ‘n groot sitrusboer in Noordwes vir uitvoersertifisering bewyse nodig gehad het dat sy personeel elke stukkie van sy boorde gespuit het. “Die StarFire RTK maak dit moontlik om ‘n kaart van die spreiers se bewegings na te speur, en dis presies hoekom AFGRI van hierdie en John Deere se ander presisietegnologie gebruik maak om ons John Deere boere te help.”
Dit is maar een voorbeeld van John Deere se wêreldbekende presisieboerdery.
Voordele vir boereRoux sê verder dat die stelsel grootskaalse boere ten minste 10% se brandstof en bemesting spaar deur te verhinder dat dieselfde area twee of meer keer besoek word deur die loop van die plant proses. Dis geen wonder dat boere sélf al hoe meer die beste verkoopsmanne vir dié stelsel word nie.
“Ons (AFGRI) het onlangs aandele gekoop in ‘n maatskappy wat vorige oesdata versamel en dan koppel aan huidige satellietfoto’s of chlorofil-indekse en chemiese grondmonsters; dit help boere om te weet waar hul grond ekstra voorbereiding nodig het selfs nog voor die presisie-planttyd begin.”
Roux sê na sy mening maak Suid-Afrikaanse boere die mees effektiewe gebruik van John Deere se presisieboerderyprodukte, insluitende lugkartering deur die gebruik van rotortuie (drones of hommeltuie) gekombineerd met John Deere se RTK-stelsel. Hierdeur kan spreiers gestuur word na slegs die landerye waar dit benodig word, eerder as om honderde liters brandstof te mors deur op en af deur die rye te beweeg.
Presisieboerdery nodig om die wêreld te voed?Roux voeg by dat Afrika die wêreld kan voed, maar benadruk dat dit nie sal gebeur deur middel van bestaansboerdery nie.
“ ’n Pik en een ton opbrengs gaan nie in miljoene mense se behoeftes voldoen nie,” sê Roux. “Meer presisie-meganisasie en -boerdery is nodig om dit moontlik te maak vir boere om hul grondontledings te verbind aan wêreld-weerpatrone en sodoende genoeg graan te voorsien vir almal.”
Hy verduidelik dat graanboere, in beide suidelike Afrika en westelike Australië, waar AFGRI operasioneel is, ‘n beperkte venstertydperk het om te plant.
“Ons boere het tipies net ‘n paar weke om te plant en as die planttyd vertraag word as gevolg van ‘n toerustingprobleem, kan die oes tot 30% minder oplewer.” Dis waar oplossings soos presisieboerdery en bystand soos AFGRI se meganiese ondersteuning en opgeleide tegnici hul kliënte kan help om meer effektief te boer deur geld en hulpbronne te spaar.
* Lees meer oor John Deere se werksaamhede in Suid-Afrika hier.