
John Deere het sy S.M.A.R.T.-veldtog bekend gestel om die maatskappy se gevestigde inisiatiewe en programme, ontwerp om produktiwiteit in Afrika-landbou te verbeter en te bevorder, saam te snoer.
Hierdie aankondig is op dieselfde tyd gemaak as die maatskappy se borgskap van die VSA-Afrika-besigheidsberaad wat gedurende Februarie in Addis Ababa, Ethiopië, gehou sal word.
Die eerste element van S.M.A.R.T. is die Kleinboer-oplossings wat John Deere die afgelope vyf jaar ontwikkel en bekend gestel het en wat kliënte 'n eenstop-inkopie-ervaring bied.
“John Deere het voorheen 'n volledige lyn trekkers en werktuie bekendgestel wat al die nodige kenmerke bevat en bekostigbaar genoeg is vir kleiner Afrika-kliënte," sê mnr. Lafras Cronjé, bemarkingsbestuur vir Sub-Sahara-Afrika.
“Meganisasie vir groter opbrengste, die tweede deel van S.M.A.R.T., bied hefboomkrag aan die Kleinboeroplossings om 'n groter inkomste in die boer se sak te plaas," sê Cronjé. Dit is moontlik om opbrengste drie of meer keer te vergroot as boere oorskakel na meganisasie en nuwe boerderypraktyke integreer. Om groter opbrengste uit dieselfde stuk grond te kry, is wat van meganisasie 'n sleutelelement van volhoubare benadering tot voedselsekerheid maak en kleinboere en kontrakteurs se inkomste verhoog.
Toegang tot finansiering is uiters belangrik vir kleinboere en kontrakteurs. "Ons het vinnig besef dat ons kliënte in staat moet wees om met banke te werk wat die landboubedryf verstaan - wat meganisasie verstaan - en kan aansluiting vind by hierdie kliënte wat spoedig hoër opbrengste of 'n nuwe inkomste uit kontrakteursdienste sal hê," sê mnr. Jason Brantley, besturende direkteur vir Sub-Sahara-Afrika. As gevolg hiervan het John Deere Financial in vennootskap aangegaan met plaaslike banke in vele Afrika-lande om spesiale finansieringsoplossings te bied.
Betroubaarheid vir laer koste en tegnologie-opleiding voltooi die elemente van die S.M.A.R.T.-veldtog. John Deere-produkte is ontwerp om betroubaar te wees en word gesteun deur handelaars wat dienste en onderdele-ondersteuning bied en dit goedkoper maak om dié produkte oor 'n tydperk te besit en te bestuur.
Tegnologie-opleiding is 'n sleutelelement, met duisende boere en kontrakteurs in Afrika wat reeds deur John Deere opgelei is in hoe om meganisasie aan te wend om opbrengste te verhoog en winste te vergroot. Bykomende sessies word in 2016 in Oos- en Wes-Afrika beplan.
"Ons het besef dat ons die opleiding na die boer moet neem, aangesien hulle meer waarde daaraan heg as om lang afstande na opleidingsentrums te reis," sê Brantley. “Hierdie benadering was veral belangrik om toegang tot opleiding vir vroue te verbeter, wat 'n sleuteldoel vir ons is.”
Met 'n kombinasie van mobiele opleidingseenhede, buiteposdae in streke en sessies by bestaande fasiliteite in Afrika, verseker John Deere dat meer kleinboere en kontrakteurs die geleentheid vir opleiding en ontwikkeling het.
“Afrika is al vir baie jare 'n belangrike mark vir John Deere en ons is trots daarop om te fokus op klein-, sowel as grootskaalse boere. Ons maatskappy het kantore in Johannesburg, Nairobi en Akkra, sowel as onafhanklike handelaars regoor die kontinent wat daardie fokus met beleggings rugsteun," sê Brantley.
“Ons glo dat die vordering van die afgelope jare duidelik die pad vorentoe aandui. Dit is waarom ons daartoe verbind is om selfs meer boere in Afrika te help om produktiwiteit te verbeter en op die S.M.A.R.T.-wyse te floreer.”
John Deere is 'n wêreldleier in die bied van gevorderde produkte en dienste en is toegewyd tot die sukses van kliënte wie se werk aan die grond verbind is – diegene wat verbou, oes, herskep, verryk en bou op die grond om aan die wêreld se drasties toenemende behoefte aan voedsel, brandstof, skuiling en infrastruktuur te voldoen.