
Die sewende episode van die nuwe seisoen van Nasie in Gesprek, die landbougespreksprogram wat die nasie aan die praat het, kyk na die pluimveebedryf wat onder toenemende druk is weens die praktyk dat internasionale pluimveeprodukte hier in die Suid-Afrikaanse mark gestort word en wat ons plaaslike hoenderprodusente raak.
Soos gewoonlik ontbloot die kamera die asemrowende skoonheid van ons land op ons roete na Tzaneen, wat afgelei is van die word Tsaneng wat “bymekaarkom” beteken. Dit is die tweede grootste dorp in Limpopo en die middelpunt van die subtropiese paradys. Die roete neem ons verby welige woude, sneeuwit watervalle, lui riviere en rollende heuwels terwyl jy by prentjiemooi padstalletjies stop.
Van hek tot tafel
James Stewart van Lufafa Hatchery in die gebied neem die televisiekyker op 'n toer deur die broeiery en verduidelik die proses om hoenders aan die bedryf te verskaf. Lufafa bestaan al vir meer as 25 jaar en bied werks- en opleidingsgeleenthede aan lede van die plaaslike gemeenskap. Tans voorsien die pluimveebedryf werksgeleenthede aan 130 000 mense.
Landbouweekblad se redakteur, Chris Burgess, sluit by aanbieder Rozanne McKenzie aan en deel statistiek en binne-inligting oor die bedryf reg deur die waardeketting, van plaashek tot tafel. Chris verduidelik hoekom Europeërs se hoendereetgewoontes (blykbaar eet die Europeërs net hoenderborsies) daartoe gelei het dat die res van die voël se dele spreekwoordelik in ons skoot gestort word... en hoe dit ook die hoenderprodusent se winsgewendheid aan die onderpunt van die skaal beïnvloed.
Grootste landboubedryf in SA
Die program maak ook 'n draai by Country Bird Holdings en onthul die ingewikkelde prosesse wat toelaat dat hoenders uitbroei, groei en op die ou einde in ons mae opeindig. Marthinus Stander, HUB van Country Bird Holdings sê dat min mense besef dat die pluimveebedryf in werklikheid die grootste landboubedryf in die land is.
Die HUB van die SA Pluimveevereniging, Kevin Lovell, is dan in die warm stoel as hy by mede-aanbieder van die program, Theo Vorster, aansluit. Hy plaas die bedryf in perspektief soos hy oor invoere, tariewe, die impak op werkverskaffing en al die ander uitdagings praat wat die bedryf in die gesig staar. Kevin is vasbeslote dat die plaaslike bedryf negatief deur die eerstewêreldlande se houding beïnvloed word deurdat hulle hul ongewenste hoender in ons agterplaas stort.
Moenie hierdie insiggewende en opwindende episode van Nasie in Gesprek misloop nie.
Skakel na die kykNET-pogram deur hier te klik.
Nasie in Gesprek word met trots geborg deur Monsanto, Nedbank en Senwes, in samewerking met Hinterland, NWK en AFGRI.
Laai die Nasie in Gesprek toep af en besoek die Nasie in Gesprek webtuiste by www.nasieingesprek.co.za vir die volledige uitsaaiskedule.