
Agri-Expo het sedert die eerste SA Kaasfees dertien jaar gelede ? groot aantal klein kaasmakers onder sy vlerk geneem. Hulle word jaarliks die geleentheid gegun om deur middel van ? borgskap hul produkte by die fees bekend te stel. Die ondersteuning aan die suiwelbedryf bly een van Agri-Expo se hoofdoelwitte.
“Oor ? tydperk van meer as ? dekade het ons gesien hoe talle kleinskaalse kaasmakerye sukses ervaar en die geleentheid om hul produkte gedurende een naweek aan meer as 30 000 verbruikers bekend te stel, het ongetwyfeld ? beduidende bydrae gelewer,” sê Johan Ehlers, hoof uitvoerende beampte van Agri-Expo. “Vanjaar is geen uitsondering nie en ons is dankbaar dat ons weer eens ? aantal boetiekkaasmakerye na die fees kan bring met finansiële ondersteuning van die Wes-Kaapse departement van landbou.”
“Die Wes-Kaapse departement van landbou is trots om hierdie boetiekkaasmakers te borg aangesien hulle ? integrale deel van landbou se waarde toevoegingsarm is,” meen Joyene Isaacs, departementshoof. “Ons is toegewyd tot die ondersteuning van die individuele kaasmakers wat op hul beurt tot die ekonomiese groei in hul onderskeie gemeenskappe bydra. Die geleentheid wat die SA Kaasfees skep in terme van marktoegang, is inderdaad prysenswaardig.”
Boetiekkaasmakerye by die fees
Camphill Farm Community (Hermanus), Laerskool Buffeljagsrivier (Buffeljagsrivier), Langbaken Karoo Cheese (Williston), Taaibosch Kaas (Heidelberg, Suid-Kaap), Anysbos (Botrivier), Karoo Goat’s Milk Products (Loxton), Indezi River Cheese (Natalse Middelande), Kasselshoop Cheese (Stilbaai), Alpine Goats Cheese (Napier) en Montagu Cheese tel onder die kleiner kaasmakerye wat vanjaar ondersteun word.
Volgens Francy Schoeman, kaasmaker van Langbaken Karoo Cheese, speel die Kaasfees ? enorme rol om klein kaasmakers in die openbare oog te kry. “Een van die voordele van ons teenwoordigheid by die fees is dat ons daar direk in kontak kom met kaasliefhebbers,” meen sy.
Bedryfsneigings
Hoewel verbruikers handgemaakte kase toenemend geniet, word ? nuwe klein kaasmaker aan groot uitdagings blootgestel op die pad na ekonomiese volhoubaarheid. Gedurende die afgelope paar jaar het talle nuwe kaasmakerye die lig gesien, om net weer na ? seisoen of twee van die toneel te verdwyn. “Die romanse verbonde aan die maak van spesialiteitskase op ? beperkte skaal, het talle kaasmaak-entrepreneurs gepootjie,” meen Kobus Mulder, internasionale kaaskonsultant. “Dit is noodsaaklik om te onthou dat kaasmaak eerstens ? wetenskaplike aksie verg. Voorts moet dit deur streng sake- en bemarkingsbeginsels en harde werk gerugsteun word.”
Volgens Rina Belcher van Belnori Boutique Cheesery in Bapsfontein en stigterslid van die Suider-Afrikaanse Bok- en Skaapmelk Prosesseerdersorganisasie, het stygende insetkoste talle klein kaasmakerye hul deure laat sluit. “Kaasmakers in die verafgeleë plattelandse areas vind dit moeilik om groot genoeg markte vir hul produkte te bekom,” verduidelik sy. “Die feit dat bokke, byvoorbeeld, nie melk gedurende die wintermaande produseer nie, plaas geweldige druk op die kontantvloei en volhoubaarheid van ? onderneming.”
“Maar die maak van kaas is ? kuns, ? wetenskap én ? bietjie toordery en ek glo daar sal altyd kleinkaasmakers wees wat die hart en stamina het om ? sukses daarvan te maak,” voeg sy by. “Die bedryf bedank Agri-Expo vir sy visie en ondersteuning.”
Die 2014 SA Kaasfees vind vanjaar van 26-29 April by Sandringham buite Stellenbosch plaas. Kaartjies (R130) is onder meer beskikbaar by Computicket (geen kaartjies by die hekke nie). Besoek www.cheesefestival.co.za vir meer inligting of kontak Agri-Expo by tel 021 975 4440 of cheese@agriexpo.co.za.