
’n Barmhartige Samaritaan wat hom oor die noodlot van ’n vasgekeerde kalf ontferm het, het die voorval op ’n video vasgevang.
Die onbekende motorfietsryer het glo in Gauteng langs ’n kanaal op sy motorfiets gery toe hy ’n vasgekeerde kalf in ’n kanaal gewaar het. Die kanaal het taamlik baie water ingehad en die kalf moes plek-plek swem om kop bo water te hou.
Die motorfietsryer het die kalf se nood raakgesien en ’n plan beraam om hom nie net uit die kanaal te red nie, maar om hom ook aan sy eienaar te besorg.
25 Oktober 2011