
Promosie-artikel:
Wanneer daar op die web rond gekyk word, word mens oorval deur advertensies van Forex-verhandelingsplatforms. Wonderlike beloftes word gemaak oor hoeveel geld daar gemaak kan word, en selfs die moontlikheid van ’n tweede inkomstestroom word voorgehou.
Getuigskrigfte van suksesvolle korttermynbeleggers word voorgehou, en daar word vertel hoe maklik dit is: Net ’n paar minute per dag word benodig vir die geleeentheid.
Die nugter werklikheid is natuurlike, soos gewoonlik, heetemal in teenstryd met wat voorgehou word vir die publiek. Daar word geskat dat minder as 20% van aktiewe korttermynbeleggers geld maak oor die lang termyn. Verder, meer as 80% van korttermynbeleggers staak hul aktiwiteite binne 24 maande.
AS bostaande syfers nie genoeg is nie, daar word selfs beweer dat somminge minder eerbare Forex-platforms hulle kliënte verdeel tussen ’n A- en ’n B-boek. Meeste kliënte eindig op in die B-boek, omdat hulle nie geld maak nie. Die platform verhandel dan teen die kliënt, en baat wanneer die kliënte geld verloor.
Verder, niemand kan met sekerheid se wat enige mark op die kort en medium termyn gaan doen nie. Die aandelemark is egter die uitsondering: Die aandelemark behoort op die lang termyn op te gaan soos wat die gelysde maatskappye se winste toeneem, en geherinvesteer word.
Om die risiko wat gepaardgaan met bostaande onsekerheid te bestuur, behoort enige belegginsportfeulje ’n diversifikasiestrategie toe te pas. Dit beteken dat dat daar dus nie in net een instrument, byvoorbeeld ’n Forex-paar soos $ZAR, belê behoort te word nie, maar in ’n paar instrumente, byvoorbeeld EUR$, GBPZAR, USDJPY en ander pare. Die onderstaande grafiek illustreer dat daar 15 to 20 instrumente in ’n portefeulje behoor te wees om die risiko in die portefeulje te verminder.
Dit is dus onwaarskynlik dat ’n korttermynbelegger met R10 000 in sy of haar portfeulje, wat net een instrument op ’n slag kan verhandel, sal geld maak. Die verswarende faktore van verhandelingkoste en adminfooie maak die waarkynlikheid net nog laer. Die implikasie is dat daar ten minste 15 * R 10 000 = R 150 000 in ’n Forex-portefeulje behoort te wees om ’n kans te kan hê om ’n wesenlike positiewe opbrengs te kan genereer oor tyd. Die bedrag is nader aan R250 000 vir ’n aandeleportefeulje as gevolg van hoër kostes.
Gepraat van aandeleverhandelings. Daar is geen rede om te belê in ’n tegniese analise-pakket vir die aandele nie. Hierdie pakette word teen tot R 20 000 verkoop aan oningeligde beleggers met die belofte van, byvoorbeeld, 35%-opbrengs in ses maande. As daaroor nagedink word, behoort die pakketsmous mos genoeg geld vir homself te maak op die mark om hom in staat te stel om nie aandelepakkette hoef te verkoop nie? Steeds onseker? Vra die pakketsmous om ’n drukstuk van sy suksesvolle persoonlike aandeleportefeulje te e-pos voordat ’n afspraak toegestaan word…
Meeste verhandlingsplatforms bied in elk geval ’n gratis tegniese analise-pakket, byvoorbeeld die eersteklas Europese pakket ProTrader in BVG se geval.
In slotsom, as iemand ’n rekenaarsimulasiepakket vir boedery sou kon koop, beteken dit nie dat hy kan môre kan begin boer nie. Dit neem tyd om ’n goeie boer te word. Net so neem dit tyd om ’n goeie belegger te word.
Dié wat onseker is oor beleggings kan die geld wat bestee sou word op Forex-verhandelinge of ’n rekenaarpakket eerder belê in die “Satrx 40 Exchange Traded Fund (ETF)”.
• Edwin Smit is ‘' portefeulje bestuurder by BVG Financial, en kan bereik word by (012) 484-4013 of edwin.smit@bvg.net Lesers is welkom om hom hier te kontak om in te skryf vir BVG se daaglikse valuta- en aandele mark oggendverslae.