Kanhym-landgoed, ’n landbou-onderneming met sy hoofkantoor op Middelburg, Mpumalanga, het onlangs sy eerste delikatessewinkel vir vars vleis in die Gift Acres-winkelsentrum in Pretoria geopen.
Na 70 jaar waarin Kanhym slaghuise regoor die land van vleis voorsien het, het die onderneming besluit om self die kleinhandel te betree en dit was dus ‘n logiese stap om sy eie handelstakke te open, sê mnr. Theunis Prinsloo, besturende direkteur.
Mnr. Cobus Prinsloo, ‘n Kanhym-agentskapeienaar, meen deur die opening van die delikatessewinkel wil hulle die passie om self te kook weer terug in mense se huise bring. “Ons besigheid is geskoei op gesinswaardes en ons wil tuisonthaal weer 'n plesier maak,” het hy gesê.
3 Augustus 2009