Kokerbome, wat bekend is vir hul weerstandigheid teen droë toestande, is besig om vinniger uit te sterf. Dié bome kom in Namibië en Suid-Afrika voor en het tydens die Verenigde Nasies se onlangse beraad op klimaatsverandering in Kopenhagen onder bespreking gekom.
Kokerboom. Foto: www.namibian.org
Luidens 'n berig van AFP word kokerbome nou deur die Union for Conservation of Nature and Natural Resources as een van die 10 dier- en plantspesies wat die meeste deur klimaatsverandering geraak word, geklassifiseer. Berigte van sterftes onder baie ou en groot kokerbome in Namibië het reeds in 2001 kop uitgesteek.
Volgens wetenskaplikes is die rede vir dié verskynsel droogte. Aangesien kokerbome reeds in baie droë omstandighede oorleef is hulle ook die eerste slagoffers van stygende temperature en droër weersomstandighede.
Die groep Namibiese verteenwoordigers wat die beraad in Kopenhagen bygewooon het is uiters teleurgesteld dat geen wetlik bindinde ooreenkoms rakende die bekamping van stygende wêreldtemperature gesluit is nie.
Bron:
6 Januarie 2010