
Die rolprent, The Boers at the End of the World (Die Boere op die Aardsdrempel), is in Augustus verlede jaar bekend gestel.
Die rolprentvervaardiger, Kelly Scott, en die regisseur, Richard Finn Gregory, het na die nasate van dié Afrikaanse immigrante in Argentinië gaan soek, met hulle gesels en hul boerderye en hul leeefwyses verfilm. Toe is dié aangrypende rolprent oor “ons” mense in die ongenaakbare Patagonië, in daardie afgeleë deel van Argentinië, aanmekaar gesit.
Van dié boere praat met heimwee van hul heimat, Suid-Afrika, hoewel hulle nog nooit hier was nie. Vanne, soos Schlebusch, Van der Merwe, Blackie, Venter, Norval en Kruger, duik op in dié gesprekke met die boere.
Die rolprent is werklik aangrypend en een van die gedagtes wat my daarvan getref, is dat Afrikaans nie hier in Suid-Afrika sal uitsterf nie! En, voordat jy besluit om oorsee te gaan boer, kyk eers dié rolprent. Maar koop die rolprent of huur dit, en besluit self.
Die vervaardigers bied dit aan teen ‘n afslag van 20% vir Landbou.com-lesers. Dit geld vir die hele Augustus.
Klik op die volgende skakel (vimeo.com/ondemand/boersfilm) en tik die unieke kode landbou20 in. Jy kan dan ‘n afslag van 20% kry vir die aanlyn-huur of aankoop van die fliek.
* Lees Landbou.com se oorsig van die rolprent hier.