AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
9998,4
-117,60
CORN
20 Mrt
-
4457,6
-43,40
SOYA
20 Mrt
-
8505
-103,00
SUNS
20 Mrt
-
9390
-248,00
WEAT
20 Mrt
-
6630
-41,00
WMAZ
20 Mrt
-
3950
-38,00
YMAZ
20 Mrt
-
4156
-27,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
0,00
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
0,00
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,00
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
0,00
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
0,00
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
0,00
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
0,00
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,00
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
0,00
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
0,00
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,00
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
0,00
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,00
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
0,00
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
0,00
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
0,00
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,00
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
0,00
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,00
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,00
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
0,00
Deel

Kragprys knou inmaakvrugte

Een van die inmaakvrugtebedryf se grootste uitdagings is om Eskom se voorgestelde elektrisiteitstarief-verhogings te oorleef, sê die IPV.

Die inmaakvrugtebedryf ervaar tans ’n moeilike tyd, maar dit is beslis nie die einde van die pad nie. Daar is heelwat gunstige aspekte waarop voorgebou kan word, maar daar is ook kort- en langtermyn uitdagings wat aandag sal verg, waaronder Eskom se enorme beplande elektrisiteitsariefverhogings.


Mnr. Wynand du Plessis, uitvoerende finansiële bestuurder van Langeberg-Ashton Foods, het tydens ’n inligtingsvergadering van die Inmaakvrugte-produsentevereniging (IPV) op Worcester gesê die inmaakvrugtebedryf groei nie noemenswaardig wêreldwyd nie, maar krimp ook nie. In Suid-Afrika is die bedryf goed gevestig, en die land se inmaakprodukte word internasionaal as gehalteprodukte ontvang.


Du Plessis het ’n aantal langtermyn uitdagings uitgewys. Eerstens moet groei gestimuleer word. Markte soos China, Indië, Oos-Europa, Afrika en selfs die binnelandse mark, behoort beter ontgin te word. Markaandeel kan in sekere markte verhoog word. Vernuwende denke in die bedryf is nodig, want in die laaste 40 jaar is al innovasie wat in die bedryf plaasgevind het, die verpakking in plastiek pleks van blikke.


’n Handelsmerk is ook nodig. Die inmaakvrugtebedryf het hier heeltemal “uit die bus geval” omdat verbruikers in die algemeen bereid is om meer te betaal vir handelsmerkprodukte van hoë gehalte. Voorts moet die bedryf meer aandag aan swart ekonomiese bemagtiging gee omdat dit al belangriker word vir uitvoere na die Europese Unie (EU). Dít is hoog op hul agenda.


Die bedryf moet sy EU-kwota behou deur te verseker dat dit na 2014 verleng word. Dit gee die bedryf voorkeur toegang na heelwat internasionale markte. Nóg ’n uitdaging is om Eskom se voorgestelde geweldige elektrisiteitsariefverhogings, te oorleef. Dit sal die bedryf jaarliks R150 miljoen meer uit die sak jaag, het hy gewaarsku. Water stuur ook op ’n krisis af, dit is nog net nie op die tafel soos elektrisiteit nie, meen Du PLessis.


Korttermyn-uitdagings is die huidige ooraanbod van vrugte en swak pryse wat dit teweegbring. Dit kan aan die wêreldresessie gekoppel word, maar gelukkig is die plaaslike bedryf nie so ernstig geraak soos heelwat ander lande, waaronder Amerika, nie. Die wisselkoers is ook tans ’n probleem waaraan egter min gedoen kan word.


Du Plessis het gesê die grootste uitdaging vir die inmaakbedryf is egter om mededingend te bly op internasionale markte. Al hoe dit gedoen kan word, is om produksiekoste tot op die been te besnoei, en om produksie met die minste koste te verhoog. Suid-Afrika moet daarteen waak dat sy inmaakvrugte hulself nie uit die mark “uitprys” nie.


3 November 2009

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.52
-0.6%
Rand - Pond
22.74
-1.6%
Rand - Euro
19.86
-0.8%
Rand - Aus dollar
12.44
-1.2%
Rand - Jen
0.14
-1.3%
Platinum
988.38
+2.1%
Palladium
1,411.23
-0.0%
Goud
1,978.75
-0.5%
Silwer
22.54
-0.3%
Brent-ruolie
72.97
-2.4%
Top-40
68,799
+2.6%
Alle aandele
74,271
+2.4%
Hulpbronne 10
65,660
+4.2%
Industriële 25
99,818
+2.8%
Finansiële 15
15,066
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hou van kamp
Gemaklik met vriendelike geaardheid. Goeie waardes heg baie waarde aan eerlikheid. Natuur en kamp is van my voorkeure. Gesond en sportief. Bok vir sport
As ons nie ontmoet nie, sal ons nie weet nie.
Hierdie is altyd vir my 'n moeilike een. Hier kan ons onsself inkleur met die mooiste potlode. Google kan selfs genader word vir 'n oulike beskrywing, ek verkies om die persoon...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot