
Dis planttyd vir diegene wat aan volgende jaar se Goliat van Gat-pampoenkweekkompetisie wil deelneem.
“Ons wil graag volgende jaar die 2015-gewig van 328 kg verbeter. Daar is lekker groot prysgeld te wen vir die swaarste pampoen en vele ander pryse vir die mooiste, lelikste en oorspronklikste pampoene,” lui ’n mediaverklaring van die TLU SA.
Die wenner ontvang sy of haar trofee in September tydens die TLU SA se kongres. “Jaarliks word daar honderde kilogramme pampoen ingeweeg wat geskenk word aan organisasies wat dit onder behoeftige mense/gemeenskappe in en om Pretoria versprei. ‘n Lekker gesinsdag met pret en plesier vir almal.”
Tree met Lynette du Plessis in kontak vir meer inligting by 012 804 8031 of sentraal@tlu.co.za.