
Dié verandering volg op die KWV Beperk, wat ‘n groot aandeel van die JSE-genoteerde KWV Beleggings besit, se besluit om sy wyn- en brandewynbedrywe van die res van sy bedrywighede te skei.
Die naamsverandering onderskei dus tussen KWV se wyn- en brandewynvervaardigings-bedrywe wat die produkte onder die KWV-handelsmerk bemark en sy beleggings- en beherende afdelings wat aandele in Distell hou.
Die ander groot aandeelhouer in Distell is SABMiller terwyl Zeder Beleggings, wat op sy beurt deur PSG besit word, die grootste aandeelhouer in KWV Beperk of Capevin Beherend is. Aandeelhouers in KWV Beperk sal in Julie ‘n vergadering kan bywoon om navrae rakende die naamverandering te maak.
Bron:
24 Junie 2009