
Die landbou se groeitempo in Suid-Afrika het in die tweede kwartaal vanjaar met 17,1 % afgeneem, het die portefeuljekomitee belas met landbou, bosbou en visserye gesê by die voorlegging van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye se jaarverslag in die Parlement.
Die komitee meen ook dat verbruikers en boere aan die kortste ent trek wat hoë kommoditeits- en produksiekoste betref, terwyl die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye “belastingbetalers se geld mors deur onwyse besteding”, lui ’n artikel van Meat and Trade News Daily.
Beesvleisproduksie het verlede jaar met 3,8 % afgeneem en koringverbruik het met 12,7 % gedaal, sê die komitee. Landbou-uitvoer het met sowat 900 000 ton afgeneem. Lede van die komitee het ook die departement gekasty oor sy “teleurstellende” swak steun aan opkomende boere.
Volgens die komitee het slegs 49 van 7 000 boere wat vir verbeterde toegang tot finansiële dienste uitgekies is, steun ontvang. Die Regering se omvattende hulpprogram aan die landbou (Casp) het net 32 733 begunstigdes van sy doelwit van 80 000 begunstigdes ondersteun en slegs 308 boere van 1 100 wat vir opleiding in bemarking, handel en besigheidsontwikkeling gekies is, het opleiding ontvang.
Bron:
16 November 2009