AFGRI
BEAN
02 Jun
-
9580
0,00
CORN
02 Jun
-
4677
0,00
SOYA
02 Jun
-
7767
0,00
SUNS
02 Jun
-
8137
0,00
WEAT
02 Jun
-
6670
0,00
WMAZ
02 Jun
-
3681
0,00
YMAZ
02 Jun
-
3802
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Langbeen-spuitkar ideaal vir hoëdigtheid-bloubessies

Deur vyf rye bloubessie-plante, pleks van vier, onder ’n plastiektonnel te plant, hoop dié boer om tot 20% meer van die blou goud op dieselfde oppervlakte te oes.

Die enigste struikelblok is dat dit te knap raak om die boord met ’n trekker te spuit, daarom moes hy ’n selfaangedrewe spuit laat ontwerp.

Om ’n bloubessieboerdery staan te maak, is nie ’n goedkoop onderneming nie – die infrastruktuur kan ’n hele paar honderdduisend rand per hektaar kos. Om dié rede het mnr. Daan Joubert van die plaas Simonsvlei naby Klapmuts gesoek na maniere om die ruimte onder die plastiektonnels so goed as moontlik te benut.

“Ek het besluit om eerder vyf rye as die tradisionele vier rye onder die plastiektonnel te plant. Ander boere plant dubbele rye, maar die plante groei dan inmekaar en kan nie die lig goed benut nie.”

Deur ’n plantwydte van 1,8 m x 600 mm (1,8 m tussen die rye) te volg, kan hy net soveel plante per hektaar plant as boere wat dubbele rye plant. Hy glo egter die ligin¬dringing en -benutting gaan baie beter wees met sy model.

“Onthou, ek is nuut in die bedryf. Ons moet nog kyk wat gaan gebeur!” herinner hy darem.  Daan het in Junie vanjaar sowat 5,5 ha bloubessies aangeplant en behoort teen volgende September sy eerste oes af te haal, wat vir Engeland bestem is. Sy hoofgewas is wyndruiwe. Daan boer op sowat 300 ha met wingerd en besit die onderneming Niel Joubert Wyne. Hy plant ook sowat 100 ha vrugte.

Die een probleem wat Daan wel met die nouer rye voorsien, is dat gewone toerusting nie daar sal kan werk nie. Gewoonlik is die rywydte sowat 3 m, wat genoeg ruimte laat om met gewone boordtrekkertjies, toegerus met ’n spuit, in die bloubessieboorde te werk.

“Vir blaaspootjies en witvlieg laat ons natuurlike vyande los en ons probeer regtig om so min as moontlik te spuit, maar dis soms nodig,” vertel hy oor die behoefte aan spuittoerusting.

‘Kolossale’ werktuig

Daan het by mnr. Koos Wilkinson van Pico Products in Elsiesrivier, naby Kaapstad, gaan aanklop om ’n spuitkar te bou wat aangepas is vir sy unieke boordtoestande. ’n Italiaanse Cima 55-spuit (600 liter) word daarop aangebring.

Dié spuit blaas ook wind, wat die plante se blare roer sodat die laevolume-plaagbestrydingsmiddels goed deur die plante versprei word. Koos, wat meer as 40 jaar ’n sinjaaltegnikus by Metrorail was en pas afgetree het, bou plukplatforms wat uiters gewild is onder vrugteboere. Hy het die uitdaging aangeneem om ’n hidrostaties aangedrewe spuitkar vir Daan te bou.

“Ek was nog altyd baie lief vir wieletjies en draadjies! My ma is al 86, en vra my nou nog wanneer ek gaan ophou speel,” vertel Koos, wat die spuitkar met CAD-sagteware ontwerp het.

Die grondvryhoogte van die spuitkar, gebou uit staal van goeie gehalte, is 1,8 m – daarom noem Koos se regterhand dit ’n langbeenspinnekop. Die hele werktuig is 5,5 m lank. “Dis nou wat die oumense genoem het ‘kolossaal’!” meen Koos.

Die “bene” kan oor twee rye plante loop. Die spuitkoppe word op só ’n manier agter die spuitkar aangebring dat vier rye op ’n slag bespuit kan word. Daar is altesame vyf spuitkoppe – twee wat weerskante toe spuit en een wat slegs in een rigting spuit (sien die Diagram ).

Loop in trurat

Die werktuig het ’n dieselmotor en word hidrostaties aangedryf. “Dit kan teen 4,5 km per uur loop. Die spoed is bepaal volgens die spuitvervaardiger se voorskrifte,” verduidelik Koos.

Dit is baie eenvoudig om te bestuur en die ratkas maak voorsiening vir drie funksies: Vorentoe, tru en parkeer. Dit trek proporsioneel weg, sodat die werktuig nie bokspring as die drywer se voet bietjie swaar is nie.

Die werktuig is kompleet met ’n hittemeter, brandstofmeter en toereteller. “Die toereteller is aangebring vir die spuit se onthalwe.” Koos het twee poli-V-band-aangedrewe ratkaste aan mekaar gekoppel. Hy het ook ’n brandstoftenk met ’n 70 liter-houver¬moë aangebring. “Ons het nog nie sy brandstofverbruik uitgewerk nie, maar die loopkoste kan nie baie hoog wees nie.”

Die enigste nadeel van die werktuig is dat dit ’n groot ruimte vereis om te draai, maar aangesien die spuitkar ook in trurat kan loop, vergemaklik dit sake. Volgens Koos is dit ’n logge masjien om te vervoer, wat dit ook uitdagend maak as ’n boer die werktuig byvoorbeeld aan ’n buurman wil leen of verhuur.

Hy het egter geartikuleerde sturing aangebring, wat beteken die werktuig kan in twee dele vervoer word.

Die spuitkar se prys is op aanvraag beskikbaar.

Navrae: Mnr. Koos Wilkinson, Pico Products, sel 082 926 8217; mnr. Daan Joubert, sel 082 877 0717.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.51
+0.6%
Rand - Pond
24.30
-0.0%
Rand - Euro
20.93
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.90
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
1,003.50
0.0%
Palladium
1,420.36
0.0%
Goud
1,948.15
0.0%
Silwer
23.63
0.0%
Brent-ruolie
76.13
+2.4%
Top-40
71,993
+1.9%
Alle aandele
77,126
+1.7%
Hulpbronne 10
70,299
+1.9%
Industriële 25
105,036
+2.0%
Finansiële 15
14,803
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Life is exciting when you meet the right person
I am a down to earth person outgoing people's person love braai outdoors and also like to be at home watching movies and listening to music ek geniet my werk is n hard...
Plat op die aarde kom oor die wet almal
Ek is een van daai mense wat die pad sal loop saam mense wat die pad saam my sal loop
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot