Dié gewasspuite word plaaslik versprei deur Valtrac, wat ook rugsteundiens en onderdele vir die reeks verskaf. Die intreevlakmodel is perfek vir diegene wat van ’n gemonteerde masjien wil oorskakel na ’n sleep-balkspuit.
Dit het ’n veselglastenk met ’n houvermoë van 2 000 liter en ’n grondvryhoogte van 60 cm. Die Eco Ranger is toegerus met ’n MP22-pomp met ’n vloeikoers van 80 liter per minuut. Dit kan opgegradeer word vir hoëvloei-toepassings.
Die stewig geboude werktuig het ’n balk van 16 m of 18 m lank met kleppe wat ten volle hidroulies oopgemaak word. Die onderstel word gemaak van ’n staalplaat wat in ’n U-profiel gevou word. Dit waarborg groter weerstand onder toestande van uiterste wringkrag.