AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
9998,4
-117,60
CORN
20 Mrt
-
4457,6
-43,40
SOYA
20 Mrt
-
8505
-103,00
SUNS
20 Mrt
-
9390
-248,00
WEAT
20 Mrt
-
6630
-41,00
WMAZ
20 Mrt
-
3950
-38,00
YMAZ
20 Mrt
-
4156
-27,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
0,00
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
0,00
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,00
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
0,00
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
0,00
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
0,00
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
0,00
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,00
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
0,00
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
0,00
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,00
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
0,00
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,00
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
0,00
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
0,00
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
0,00
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,00
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
0,00
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,00
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,00
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
0,00
Deel

Amerikaners mag nou self nuwe John Deere-trekkers herstel

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Deere & Co
Ter illustrasie. Foto: Deere & Co
Boere in Amerika sal voortaan die reg hê om self hul John Deere-toerusting te herstel of om dit deur onafhanklike tegnici te laat herstel.

Dié reg is verkry danksy ’n memorandum van verstandhouding wat op 8 Januarie in San Juan, Puerto Rico, deur die American Farm Bureau Federation (AFBF) en John Deere onderteken is.

Die memorandum het die potensiaal om as model te dien vir ooreenkomste met ander vervaardigers van landboumasjinerie. AFBF het reeds sulke gesprekke begin voer, sê dié landbou-organisasie in ’n verklaring op sy webwerf.

Landboumasjinerie soos stropers of trekkers gebruik deesdae op gevorderde tegnologie soos GPS-stelsels wat met slim- of raakskerms in die kajuit beheer word en dus op rekenaarsagteware staatmaak. Maatskappye word genoodsaak om hul intellektuele eiendomsreg wat hulle in staat stel om dié sagteware te ontwikkel, te beskerm teen goedkoop namaaksels -- of om reuse- finansiële skade te ly. As deel van dié beskerming vereis landboumaatskappye in die meeste gevalle dat kliënte slegs van hul geakkrediteerde verskaffers en herstellers gebruik maak.

Maar die reg om self toerusting te mag herstel pleks daarvan om slegs die maatskappy wat dit verkoop, se hersteldienste te gebruik, is ’n kwessie wat al die afgelope jare op internasionale vlak binne en buite landboukringe gedebatteer word. Belangegroepe wat verbruikers se regte beskerm, vra al jare lank dat maatskappye hul klante toelaat om self enigiets van trekkers tot slimfone te herstel.

In antwoord op dié druk het Apple verlede jaar ’n plan ingestel waarvolgens onafhanklike herstellers Apple-toestelle mag herstel. Brittanje en die Europese Unie het beleid wat vervaardigers dwing om onderdele vir sommige elektroniese toerusting aan klante en onafhanklike maatskappye beskikbaar te stel.

Beskerming

Die ooreenkoms wat nou tussen die Amerikaanse boere se grootste belangegroep en John Deere beding is, is juis daarop gemik om die maatskappy se sagteware te beskerm, maar terselfdertyd ’n meganisme te skep om boere se besware oor die koste-implikasies aan te pak as hulle gekeer word om self herstelwerk te doen waar hulle kan.

“Ek is verheug om dié ooreenkoms met John Deere te onderteken, wat sal verseker dat ons as boere ons eie toerusting kan herstel en toegang tot die diagnostiese gereedskap en inligting te hê wat ons nodig het, terwyl dit John Deere se intellektuele eiendomsreg beskerm en die veiligheid van toerusting verseker,” sê mnr. Zippy Duvall, president van die AFBF.

Hy sê in sy verklaring dat enige landboutoerusting wat boere aankoop, ’n groot belegging is en dat boere die vryheid moet hê om self te kies waar die toerusting herstel word, of om dit self te herstel om koste te beheer sodat hulle die voedsel, brandstof en vesel kan verbou waarop Amerikaanse huishoudings staatmaak.

Duvall het bygevoeg dat sy organisasie gereeld met John Deere sal vergader om kwessies aan te pak. Die ooreenkoms formaliseer boere se toegang tot diagnostiese en herstelkodes, handleidings en produkgidse. Dit verseker volgens die AFBF se verklaring ook dat boere diagnostiese gereedskap direk vanaf John Deere kan koop en hulp van die vervaardiger sal ontvang wanneer hulle onderdele en produkte bestel.

Mnr. David Gilmore, John Deere se senior visepresident van landbouverkope en bemarking, sê die ooreenkoms herbevestig sy maatskappy se jare lange verbintenis daartoe dat sy kliënte die diagnostiese gereedskap en inligting het wat hulle benodig om herstelwerk aan hul masjinerie te doen. “Ons sien uit daarna om saam met die AFBF en ons klante te werk sodat hulle die hulpbronne tot hul beskikking het om hul toerusting te onderhou en te herstel.”

Ingevolge die ooreenkoms mag eienaars wat hul John Deere-toerusting self herstel of onafhanklike tegnici nie enige veiligheidseienskappe van die toerusting omverwerp of buite werking stel nie, of enige maatreëls systap wat vrystellings beheer nie. Hulle mag ook nie handelsgeheime oor die toerusting bekend maak nie, berig die BBC.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.44
-0.2%
Rand - Pond
22.56
-0.9%
Rand - Euro
19.75
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.35
-0.5%
Rand - Jen
0.14
-1.2%
Platinum
987.11
+1.9%
Palladium
1,414.97
+0.2%
Goud
1,984.43
-0.3%
Silwer
22.46
-0.6%
Brent-ruolie
72.97
-2.4%
Top-40
68,107
+1.7%
Alle aandele
73,563
+1.4%
Hulpbronne 10
64,851
+3.1%
Industriële 25
98,645
+1.6%
Finansiële 15
15,041
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Saam dinge aanpak !
Ek is n eerlikke opregte reguit man Hou nie van komplikasies nie Gryp die bul by die horings Hou van rondry en nuwe plekke plaaslik en oorsee besoek !! Positiewe uitkyk op lewe...
As ons nie ontmoet nie, sal ons nie weet nie.
Hierdie is altyd vir my 'n moeilike een. Hier kan ons onsself inkleur met die mooiste potlode. Google kan selfs genader word vir 'n oulike beskrywing, ek verkies om die persoon...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot