
Die eerste windpomp wat mnr. Casper van Tonder gebou en opgerig het, werk steeds ná 43 jaar – selfs met die oorspronklike laers en silinders.
Van Tonder leef sy liefde vir yster al jare lank uit en spog met verskeie ontwerpe en patente. Hy en sy vrou, Corrie, woon by hul seun, Jacobus, en sy vrou, Tanja, op die plaas Ruigtevlei, Reddersburg. Die plaas kom oorspronklik van sy oupa, Casper, en is sedert 1928 in die Van Tonders se besit. Die eerste windpomppoging wat Van Tonder in 1970 aangedurf het, wat sedertdien sonder enige groot probleme werk, word jaarliks versien.
Weens die tegniese aard van die artikel, word die PDF’s daaroor aangeheg.
Kyk ook na die video hieronder daaroor.