AFGRI
BEAN
06 Jun
-
9643
0,00
CORN
06 Jun
-
4627
0,00
SOYA
06 Jun
-
7760
0,00
SUNS
06 Jun
-
8228
0,00
WEAT
06 Jun
-
6630
0,00
WMAZ
06 Jun
-
3704
0,00
YMAZ
06 Jun
-
3816
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
26 Me
-
172,55
5,11
Ave Wool - RWS
26 Me
-
189,51
7,15
Beeste A2/3
26 Me
-
53,82
0,82
Beeste AB2/3
26 Me
-
52,28
0,50
Beeste B2/3
26 Me
-
48,03
-0,68
Beeste C2/3
26 Me
-
45,86
0,77
Bevrore Hoender
26 Me
-
34,01
-1,25
Bokkies (onder 30 kg)
26 Me
-
55,19
1,47
Bokooie
26 Me
-
38,71
-2,84
Groot (meer as 40 kg)
26 Me
-
40,79
-0,03
Hoender (IQF)
26 Me
-
33,04
-0,01
Medium (30-40kg)
26 Me
-
51,26
2,05
Pork Average
26 Me
-
29,59
0,40
Poultry Average
26 Me
-
33,71
-0,64
Skaap A2/3
26 Me
-
84,64
-3,90
Skaap AB2/3
26 Me
-
76,6
7,69
Skaap B2/3
26 Me
-
58,23
-2,52
Skaap C2/3
26 Me
-
57,02
-0,39
Speenkalf
26 Me
-
31,04
0,93
Spekvarke
26 Me
-
30,9
0,87
Stoorlammers
26 Me
-
42,28
0,90
Varkwors
26 Me
-
24,66
-0,30
Vars Hoender
26 Me
-
34,07
-0,69
Vleisvarke
26 Me
-
29,47
0,36
Deel

Clocolan spog met veteraanmasjinerie

Die twintigste veteraanmasjinerieskou aan die begin van Maart vanjaar by Clocolan was 'n fees vir versamelaars en besoekers. Met video en fotogalery.

Met die twintigste veteraanmasjinerieskou aan die begin van Maart vanjaar het Clocolan sy naam as belangrike sentrum vir versamelaars en restoureerders van antieke plaasmasjinerie gestand gedoen. Deel van dié plaaslike skou was die tweejaarlikse nasionale skou van SAVTEK - die Suid-Afrikaanse Federasie van Veteraan-trekker-en-Enjinklubs.

Ander aktiwiteite as die demonstreer en vertoon van plaasimplemente - soos skaapskeer, ganse pluk en selfs 'n volkspelevertoning - het die driedaglange byeenkoms 'n ware erfenisfees gemaak! Die aktiwiteite wat egter die meeste besoekers aangegryp het, was die demonstrasies deur mnr. Gert Beukes en sy drie seuns van landboumasjinerie van weleer - masjinerie waarvan 'n groot groep mense nog skaars gehoor het.

Kyk hier na 'n videogreep waar mnr. Hennie Richter oor Lister se eeufeesvieringe praat. Kyk ook hier na ons fotogalery van die skou.

Beukes, van die plaas Vlakfontein tussen Clocolan en Ficksburg, versamel en restoureer plaasimplemente, en maak replikas as dit moet, wat dateer uit die tyd vóór trekkers toe aandrywing deur trekvee en stoom verskaf is. Die gevolg is die byeenbring van 'n ontsagwekkende versameling werkende ou plaasgereedskap wat enige museumkurator wat sy sout werd is, groen van jaloesie sal maak. En met die demonstreer van hierdie gereedskap het hy besoekers aan die skou vir ure gefassineer.

Wonderlike masjiene

Bejaardes wat al daarvan vergeet het, kon sien hoe die kaf uit 'n antieke dorsmasjien met 'n soort vervoerband na 'n kafhoop of perdehark weggevoer of letterlik opgehys is soos in die tyd voordat hierdie taak deur 'n kafblaser verrig is. Ook die perderat, 'n replika van hierdie vergete stuk masjinerie wat Beukes teen groot koste gemaak het, het baie besoekers verstom, want 'n perd wat teen ses kilometer per uur rondom dié toestel stap, kon deur middel van die rat 'n mieliebreker of klein graanmeul aandryf.

Nog 'n betekenisvolle versameling wat op die skou te sien was, was die groep Minneapolis-Moline trekkers van mnr. Abrie Rohde van Ladybrand. Hy het dit hom jare gelede ten doel gestel om soveel as moontlik modelle Moline trekkers wat na Suid-Afrika ingevoer is, byeen te bring en te restoureer. Hierin het hy baie goed geslaag. Een van die modelle, die besonder raar 445, het talle besoekers dronkgeslaan, want van so 'n Moline het baie min mense nog in Suid-Afrika gesien! En elkeen van sy Molines was net so netjies gerestoureer soos die uitstekend gerestoureerde Model T Ford uit die groot versameling van sy broer Helmuth, wat ook besoekers aan die skou beïndruk het.

Ook die groep stilstaande enjins wat uitgestal is, was vanjaar buitengewoon groot, en aangesien vanjaar Lister se eeufeesjaar is, is besondere klem op dié fabrikaat geplaas. Toe al die masjiene op die uitstalling gelyktydig op die Saterdag, tradisioneel besoekersdag, aangeskakel is, was die geraas oorverdowend, en seker van die enkele kere dat mense hul waardering vir 'n "geraas" met applous uitgespreek het!

Aan die ploeg

Van die mees uitsonderlinke masjiene op uitstalling was die reusagtige 1909 Ruston-Hornby, tans op 'n vragmotoronderstel gemonteer, wat op sy dag 'n mieliemeul naby Koppies in die Vrystaat aangedryf het. En net om te wys dat die versamelaars nie net in die oudste en eenvoudigste enjins belangstel nie, het Attie Meintjies, die eienaar van die reuse Ruston-Hornsby, 'n Wankel-enjin uit die sewentigjare van die vorige eeu vertoon. Dié rewolusionêre masjien het elke keer as dit aangeskakel is, nuuskierige besoekers in groot getalle na die masjienuitstalling laat stroom, want nog nooit tevore is dáárdie klank op 'n veteraanmasjienskou gehoor nie!

Maar te midde van die uitstallings, vertonings en demonstrasies is SAVTEK se tweejaarlikse nasionale kompetisie gehou waarin gewedywer is om as die restoureerder van die beste stilstaande enjin, trekker of voertuig in die land aangewys te word. Terselfdertyd is die nasionale ploegkompetisie op 'n terrein aanliggend aan die skouterrein gehou. Soos vorige jare was die kompetisie om dié gesogte titels baie sterk.

SAVTEK se volgende nasionale skou word in 2011 of in Pretoria of op Villiersdorp in die Wes-Kaap gehou.

30 Maart 2009

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.22
+0.3%
Rand - Pond
23.84
+0.5%
Rand - Euro
20.56
+0.4%
Rand - Aus dollar
12.80
-0.3%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
1,025.93
0.0%
Palladium
1,407.14
+0.1%
Goud
1,961.69
-0.0%
Silwer
23.54
-0.2%
Brent-ruolie
76.71
+0.8%
Top-40
71,109
-0.4%
Alle aandele
76,299
-0.4%
Hulpbronne 10
68,915
-0.6%
Industriële 25
103,320
-0.5%
Finansiële 15
14,990
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Sagte hart wil pasmaat vind
Ek was 42 jaar in wetstoepassing n speurder spesifiek. My huwelik het verbrokkel op my aftrede dag. Ek is eerlik ek is ssmaggeaard luef vir rwis en die buite lewe. Sal vir die...
Helder enige donker op
Rustige en kalm persoonlikheid Jonk van gees Posetief Kreatief Boekwurm met passie vir kook en bak Muskiek mal Buitelewe mal
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot