Ses jaar nadat hierdie stroper
bekend gestel is, neem sy gewildheid steeds toe - danksy verskeie besondere
eienskapppe. By dieselfde fabriek word 'n reeks uiters gewilde en duursame
oorlaaiwaens ook vervaardig.
Die Harvestech 680, 'n sleepstroper wat vir verskillende gewasse geskik is, is in 'n klas van sy eie. Dié stroper gebruik die bekende Slattery-stropers se dorsdrom- en windskeidingstelsel, maar is andersins aansienlik aangepas en verbeter. Danksy 'n vergrote rolsif en ander verbeterings hanteer dit mielies teen 'n strooptempo van 6 ton per uur. Boonop is mielie-oeste so groot as 11 t/ha die 680 se kos.
Die Harvestech 680, wat gerieflik deur trekkers van 45 kW tot 50 kW bedien word, is bekend vir sy eenvoudige werking, duursaamheid, baie skoon graanmonster en veral sy lae bedryfskoste en brandstofverbruik. In toetse is bevind dat dit tot 64 % minder brandstof verbruik vergeleke met die snykopstroper.
Vir vervoerdoeleindes is sy vergrote grootmaattenk (1,5 ton) met 'n opslaanbare awegaar toegerus wat boonop met 'n hoë ontlaaitempo spog. Die Harvestech 680 kan met 'n een-, twee- of driery-plukkerkop toegerus word, terwyl soja- en koringtafels nou in hul finale fase van ontwikkeling is.
'n Vereenvoudigde aandrywingstelsel bring maklike vervanging van onderdele mee. Die verstelbare trekstang met stewige vashegting oor die volle lengte van die werktuig is deel van 'n stewige, herontwerpte konstruksie.
Gewilde oorlaaiwaens, wat onderskeidelik 5 ton, 12 ton en 18 ton kan hanteer, word ook gebou. Die ontlaaipyp op die twee groter modelle is vir maklike werking en vervoerdoeleindes hidroulies toegerus. Hul ontlaaitempo is 4 ton per minuut.
Produsente kan nou 'n voorseisoen- aanbod gebruik om bestellings vroegtydig te plaas.
Navrae: Ben Beukes, tel. 056 515 4714/5, sel 083 262 0526, Harvestech (Edms.) Bpk., Posbus 969, Bothaville 9660, e-pos, harvestech@telkomsa. net.
7 Maart 2003