
‘n Dubbelry-planter van Great Plains, ‘n Amerikaanse werktuigvervaardiger, is deur Agri Afrika op Manjoh Ranch naby Nigel aan Gautengse boere bekendgestel. Dié planter is die eerste van sy soort in die wêreld.
Die Manjoh Ranch is die eerste eienaar van Great Plains se YP-2425 dubbelry-planter in Suid-Afrika.
'n Sy-aansig van die planter. Foto: ALANI JANEKE
Volgens mnr. Darryl Cress van Great Plains bied die planter groter en gesonder plante omdat dit sade verder uit mekaar plant. Mnr. Maruis Tolmay, ’n direkteur van Agri Afrika, sê dié spasiëring is moontlik deurdat die planter die sade oorkruis oor twee rye plant.
Die planter in aksie. Foto: ALANI JANEKE
“Jou plante is dus verder uitmekaar uit, so die plant het byvoorbeeld meer plek om te groei. Die plant kry ook meer lig en het minder kompetisie van ander plante wat vog en voedingstowwe aanbetref. Alle gewasse wat met dié planter in Amerika geplant is, het groter en beter oeste aangeteken,” verduidelik Cress.
Op die foto verksyn van links mnre. Johnny da Costa (Manjoh Ranch), Paul de Wet (Agri Afrika), Manny en Tony da Costa (Manjoh Ranch), André van de Wetering en Marius Tolmay (Agri Afrika) voor die YP-2425. Foto: ALANI JANEKE
Klik hier vir 'n PDF-dokument oor die planter.
Klik hier vir ‘n video van die planter.
28 Oktober 2010