
Promosie-artikel:
Hoe gemaak om te bepaal of die smeermiddels waarop jy en jou trekkerenjin oor soveel jare staatmaak, regtig doeltreffend werk? Die beste manier is tog seker om die enjin aan die einde van sy leeftyd tot op die laaste boutjie uitmekaar te haal en elke onderdeel deeglik te ondersoek om te sien waar en hoe slytasie plaasgevind het. Caltex het onlangs besluit om ’n trekker wat sedert sy eerste dag net met hulle vlagskip-olie, Delo 400, gesmeer is, so uitmekaar te haal.
HJ Linde en Seuns is ’n groot aartappelboerdery buite Vryburg en hulle trekkers werk kliphard in die lande. In 2001 het pa Hansie ’n nuwe New Holland 8066 met ’n Iveco-enjin gekoop en van die begin af net Delo 400-olie in die trekker gebruik. Hy het die trekker getrou op elke 250 uur gediens en vandag staan die enjin op 16 000 uur – 8 000 uur meer as die normale verwagte enjinleeftyd!
Oom Hansie is 'n getroue klient van Suidwes Landbou in Vryburg, wat hulle Caltex-smeermiddels by Star Lubricants in Stilfontein aankoop. Star Lubricants is een van die 17 Caltex-agente landswyd wat die noordwestelike streek bedien en is verlede jaar as die beste Caltex-verspreider aangewys.
JP Potgieter, hulle verteenwoordiger, het besluit dat Caltex van hierdie prestasie te hore moes kom en die geleentheid moes benut. Die daad is kort daarna by die woord gevoeg.
“Ons is nie net ’n verspreider van Caltex se produkte nie. Ons voel soos vennote van hierdie reuse internasionale maatskappy en is daar om die Chevron en Caltex-handelsmerk in Suid-Afrika uit
ding met Caltex en die uitmuntende gehalte van Caltex se produkte gee ons die vrymoedigheid om die produkte met ’n oop gemoed by ons kliente aan te beveel en te verskaf,” se JP.
Sien is glo
ProAgri is saam met ’n Amerikaanse filmspan genooi om getuies te wees tydens die trekkeraftakeling (tractor tear-down, noem die Amerikaners dit), wat onlangs by die New Hollandagentskap van Suidwes Landbou in Schweizer-Reneke se werkswinkel plaasgevind het.
“Dit is die standaard om ’n New Holland se enjin tussen 8 000 en 10 000 uur oor te doen, so toe ons hoor van ’n trekker wat op 16 000 uur nog loop, was ons baie verbaas en baie trots,” se Boy du Preez, Suidwes Landbou se tegniesediensbestuurder.
“Buiten die hooflaers, waar die boonste deklaag effens deurgewerk is, kon al die onderdele weer net so in die enjin teruggesit word sodat dit vir ’n onbepaalde tyd verder kan werk.”
Dit het vier dae geduur om die trekkeraftakeling te voltooi. Eerstens is die trekker afgeneem waar dit in die land werk. Daarna is elke enjinonderdeel sorgvuldig uitgehaal, skoongemaak en deeglik ondersoek terwyl elke beweging op kamera vasgelê is.
Die Delo 400 multigraad SAE 15W-40- enjinolie word al jare lank regoor die wereld as ’n puik produk gereken.
* Met toestemming van Caltex en erkenning aan ProAgri, Desember 2013.