Die herbou van, en skou met veteraan-trekkers, is 'n belangrike saak vir talle mense. Hier is 'n fotogalery met foto's van dié trekkers.
(Hierdie fotogalery het aanvanklik 88 foto's bevat, maar mense wat nie vinnige internet het nie, het gesukkel om die foto's te sien. Altesaam 68 van die foto's is toe verwyder en dit sal nou in groepe van so 20 in die fotogalery gepubliseer word.)
Die sekretaris van van die Suid-Afrikaanse Federasie van Veteraan-trekkers en Enjinklubs (SAVTEC), mnr. Hennie Richter, het die meeste van hierdie foto's oor 'n tydperk van drie jaar geneem. Hy het dit op versoek aan landbou.com beskikbaar gestel vir publikasie op ons webwerf.
Van die foto's het nie volledige byskrifte nie, bloot weens onvoldoende inligting. Ons wou dit egter nie uit die galery laat nie. Klik hier om die foto's te bekyk.
Kommentaar kan aan Hennie gestuur word by:
Tel: 022 451 2692
Sel: 073 391 8495
E-pos: hennier@telkomsa.net
5 Februarie 2008