Een van die gewildste landboupublikasies, Meganisasiegids, is weer beskikbaar.
Die 2007-uitgawe verskyn vanjaar die agtiende keer, sê die samesteller, mnr. Koos le Roux, 'n bekende landbou-ingenieur van Pretoria.
Die gids is só saamgestel dat die verskillende trekker-implement kombinasies se koste
afsonderlik en gesamentlik van die tabelle afgelees kan word in rand per uur of rand per
hektaar. Op die een bladsy word die koste in rand per uur verskaf en op die teenoorstaande
bladsy word die koste in rand per hektaar verskaf.
Vir elke trekker-implement kombinasie word die brandstofverbruik in liter per uur of liter per
hektaar aangetoon. In 'n volgende tabel word die brandstofverbruik in rand per uur of rand
per hektaar aangedui. Verder word ook die werktempo van die trekker-implement kombinasie
gegee in hektaar per dag of ton per dag of km per dag.
Voorbeelde van hoe om 'n meganisasiebeplanning aan te pak en ook om 'n kostevergelyking
op to stel, word vir die gebruiker ingesluit. Die boek is dus 'n nuttige hulpmiddel in die
hande van die boer om die koste van meganisasie to bereken.
Boere is steeds die grootste groep gebruikers van die Meganisasiegids. Ander
mense wat die gids gebruik, is landbou-ekonome wat konsultasie werk doen, wat werksaam
is by verskeie staatsdepartemente, agri-besighede en handelsbanke en verkoopslui by verskeie trekker- en implementhandelaars.
12 April 2007