AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9822
48,00
CORN
30 Mrt
-
4145
-6,00
SOYA
30 Mrt
-
8640
-25,00
SUNS
30 Mrt
-
8780
-39,00
WEAT
30 Mrt
-
6695
16,00
WMAZ
30 Mrt
-
3846
-5,00
YMAZ
30 Mrt
-
4021
-6,00
Deel

Grootste trekkervervaardiger belê nog meer in SA

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mahindra in Suid-Afrika het homself verder tot die landbou verbind deur aan te kondig dat hy van nou af self die onderhoud, diens en ondersteuning van sy produkte in die land sal behartig. Foto: Verskaf
Mahindra in Suid-Afrika het homself verder tot die landbou verbind deur aan te kondig dat hy van nou af self die onderhoud, diens en ondersteuning van sy produkte in die land sal behartig. Foto: Verskaf
Mahindra in Suid-Afrika het homself verder tot die landbou verbind.

Ná die aanvanklike bekendstelling van Mahindra se reeks trekkers in Suid-Afrika gedurende Mei 2019 het die wêreld se grootste trekkervervaardiger per volume die volgende stap gedoen om die verspreiding en onderhoud van al sy trekkers en werktuie self te behartig.

Mnr. Rajesh Gupta, uitvoerende hoof van Mahindra Suid-Afrika, sê die maatskappy het besluit om die volle reeks Mahindra-trekkers en -werktuie deur ’n netwerk handelaars met tegniese en kliëntediensondersteuning te versprei. Die handelaars sal ondersteun word deur die maatskappy se hoofkantoor en onderdeleverspreidingsentrum in Gauteng.

“Ná die eerste twee en ’n half jaar in Suid-Afrika, waartydens Mahindra met herverkopers in vennootskap getree het om ’n teenwoordigheid vir ons trekkers en werktuie in die belangrikste landbougebiede te vestig, het ons ’n sterk groei in aanvraag na ons reeks trekkers en ander toerusting gesien. Gegewe ons plan om Suid-Afrika as Mahindra se tweede tuiste buite Indië te vestig, het ons dus besluit om volle beheer van ons landbou-afdeling hier te neem.”

Hy sê Mahindra het in die verlede op ’n derde party staatgemaak het vir die verkope, diens en ondersteuning aan boere, maar die maatskappy sal dit nou direk doen. Dit strook met Mahindra se visie om hom as ’n huishoudelike naam in Suider-Afrika te vestig.

Mahindra het homself reeds gevestig as gewilde landboumasjinerievervaardiger in Amerika en Australië, markte wat, so glo Gupta, ’n spieëlbeeld is van die plaaslike mark. “Die reeks Mahindra-landboutoerusting is reeds as betroubaar en gewild in verskeie moeilike omgewings reg oor die wêreld bewys. Dit is ook plaaslik die geval. Trekkereienaars is tevrede met die duursaamheid, onderhoudsgemak en brandstofgebruiksdoeltreffendheid van ons masjinerie,” sê Gupta.

Nie net trekkers nie

Mahindra stel egter nie net trekkers aan die plaaslike mark bekend nie, maar ook toerusting wat deur die maatskappy se filiale vervaardig word. Dit sluit onder meer produkte van Sampo Rosenlew uit Finland, Mitsubishi Mahindra Agri Machinery uit Japan, en Hisarlar en Erkunt uit Turkye in. Die maatskappy het reeds sewe trekkerhandelaars reg oor Suid-Afrika en Namibië aangewys ter ondersteuning van die plaaslike bedryf.

Mahindra het reeds ’n monteringsaanleg, swaarvoertuigmonteringsaanleg, ’n nasionale pakhuis en ’n tegniese opleidingsentrum in Suid-Afrika opgerig ten einde sy ondersteuningsbasis aan sy handelaars te verstewig. Die sewe nuwe Mahindra-handelaars is in Randfontein, Brits, Strand, Nigel, Malelane, Groblersdal (met ’n satelliet-tak in Middelburg) en Windhoek in Namibië.

“Ons het reeds ’n hele aantal langtermynbeleggings in Suid-Afrika gemaak en ons sien daarna uit om ons produk en diensaanbod in die toekoms verder uit te brei,” sê Gupta.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.04
+0.4%
Rand - Pond
22.27
+0.1%
Rand - Euro
19.63
+0.0%
Rand - Aus dollar
12.08
+0.2%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Platinum
977.84
+1.0%
Palladium
1,444.67
-0.3%
Goud
1,968.72
+0.2%
Silwer
23.77
+1.9%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,630
+1.1%
Alle aandele
77,252
+1.0%
Hulpbronne 10
68,180
+2.3%
Industriële 25
104,063
+0.7%
Finansiële 15
15,676
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat jy Sien is wat jy kry, niks Meer nie maar ook niks minder ni
Want Ek word nie maklik vergeet Nie, n goeie herhindering, Kom Kyk en vind uit .Ek is Nie die tiepe wat oordeel en Dan nog demands rond slinger Nie,
Kom ons kyk
Die lewe is nie gemaak om alleen deur te gaan. Be a rebel, eat the cake! Enjoy die klein dinge, smell the flowers!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot