AFGRI
BEAN
02 Jun
-
9580
0,00
CORN
02 Jun
-
4677
0,00
SOYA
02 Jun
-
7767
0,00
SUNS
02 Jun
-
8137
0,00
WEAT
02 Jun
-
6670
0,00
WMAZ
02 Jun
-
3681
0,00
YMAZ
02 Jun
-
3802
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Hoe betroubaar is daardie skaal?

Honderde transaksies word daagliks in Suid-Afrika oor 'n weegskaal beklink. Maar hoe betroubaar is die skale wat gebruik word om vee te weeg, en kan daarmee gepeuter word?

Hy is die vorige week ingeloop deur 'n volstruiskoper. Die verskil tussen die voëls se gewig op die plaas (die boer het 'n ouer soort trekskaal gehad) en dít wat agterna deur die agent verskaf is (op 'n weegbrug), was meer as 10 %. Daarom het hy 'n splinternuwe elektroniese skaal van R10 000 gaan koop.

Dít was die betrokke boer se antwoord toe hy uitgevra is oor waarom hy soveel aan 'n skaal bestee het.

"My verlies met die transaksie van 120 voëls was meer as R8 000. Met dié elektroniese skaal wat ek nou aangeskaf het, sal nie gepeuter kan word nie."

Wat die boer egter nie besef het nie, is dat enige skaal met die druk van 'n paar knoppies of die draai van 'n skroefie verstel kan word. Mnr. Wally Stay, BKB-verteenwoordiger op Elliot, sê ná 30 jaar se ervaring met die bemarking van vee het hy geleer om geen skaal te vertrou nie. "Dit is uiters belangrik dat alle skale gereeld gekalibreer word."

Volgens hom kan die lesing op 'n skaal wat van een plaas na 'n volgende verskuif word, met 'n paar kilogram verskil. Om te verseker dat die skaal wat hy gebruik 'n betroubare gewig weerspieël, gebruik hy verskillende geykte gewigte van 50 kg tot 300 kg om sy skaal te kalibreer voordat hy diere weeg. "Almal sê elektroniese skale is so betroubaar, maar dit is nie altyd die geval nie."

Die eerste skaal waarmee mnr. Stay beeste geweeg het, was 'n trekskaal wat met 'n veer gewerk het. Die diere is in 'n krat geplaas en deur middel van 'n hefboom gelig om die gewig te bepaal. "Dié soort skaal was taamlik akkuraat en het verbasend min van plaas tot plaas verskil."

Dan is daar ook die oliebadskaal. Die probleem met dié soort is dat die lesing aansienlik kan wissel na gelang van die vloeibaarheid van die olie. In warm weer kan dié skale heeltemal 'n ander lesing gee as op 'n koue oggend.

Elektroniese veeskale het sowat 15 jaar gelede hul verskyning in Suid-Afrika gemaak. Dié skale is betreklik betroubaar, maar ook baie sensitief en raak maklik onklaar, veral wanneer wilde diere geweeg word.

Mnr. Stay beklemtoon dat die gewigsverskille nie noodwendig altyd by 'n foutiewe skaal gesoek moet word nie. Waar boere skale as hulpmiddel by prestasietoetsskemas aanwend, behoort die diere byvoorbeeld altyd op dieselfde tyd van die dag geweeg te word. 'n Bul van 450 kg kan in die oggend van 25 kg tot 40 kg ligter wees as toe dit die vorige middag met 'n vol pens geweeg is. "Dit is bloot pensinhoud en urine wat dié verskil maak."

Daar is egter boere wat uitgeslape is. Hulle sal byvoorbeeld 'n paar dae voordat die agent opdaag om speenkalwers op die hoef te koop, sorg dat die diere 'n sterk soutlek kry. Kort voordat die diere geweeg word, laat die verkoper hulle dan water suip. "Elke liter water beteken 'n ekstra kilogram gewig," sê mnr. Stay.

Maar daar is ook uitgeslape agente. Mnr. Chris Moolman van die plaas Dankbaar, by Graaff-Reinet, vertel van twee verteenwoordigers van mededingende maatskappye wat in een distrik kwaai teen mekaar meegeding het. Die een het egter aan die boer 20 c/kg meer op die hoef vir sy speenkalwers aangebied as sy mededinger. Nadat die boer albei agente na sy plaas laat kom het om die diere te weeg, het hy tot sy verbasing agtergekom dat die tjek wat hy vir dieselfde speenkalwers sou ontvang, op 'n paar sente na presies dieselfde was. Die verskil was dat die agent wat 'n hoër prys per kilogram aangebied het, sy skaal gestel het om die diere ligter te laat weeg as dié van sy opposisie. Die agent wat "hoër pryse" aangebied het, was natuurlik die man wat die meeste besigheid gekry het, totdat die boere sy slenterslag agtergekom het.

Mnr. Stay sê die meeste boere by wie hy vee koop, sal — voordat die weegproses begin — self op die skaal klim, net om seker te maak dat dit nie te lig weeg nie. "Dis nogal ironies dat wanneer die boer swaarder weeg as wat hy meen sy gewig behoort te wees, hy gewoonlik net glimlag en niks verder sê nie."

Mnr. Kokkie Smit, verkoopsman van J&B Boeredienste in Port Elizabeth, wat elke maand sowat 3 elektroniese skale verkoop, sê daar is net vier maatskappye in die land wat spesialiseer in die verskaffing van weegtoerusting om lewende hawe mee te weeg. Baie boere kla oor gewigsverskille en voel veral ongelukkig wanneer dieselfde trop diere wat kort ná mekaar geweeg word, se gewig verskil.

"Daar moet egter in gedagte gehou word dat elektroniese weegskale sensitiewe instrumente is. Sou daar net een wilde dier wees wat nie stilstaan nie, kan dit die skaal laat skuif, en dít kan die gewig van die diere wat daarna geweeg word, beïnvloed.

"Dit is baie belangrik dat die weegstawe waterpas op 'n betonblad rus. Die platform moet aan die lasbalke ("load bars") vasgebout word sodat dit nie rondskuif wanneer diere op dit klim nie. Die platform moenie onder die dier se gewig kan meegee nie. Daar moet ook seker gemaak word dat daar geen obstruksie is nie, of dat die weegkrat nie aan die drukgang raak nie."

Mnr. Smit sê hoewel die hedendaagse elektroniese skale robuuster is, moet hulle steeds met sorg gehanteer word. "Die meeste klagtes oor elektroniese skale wat nie reg weeg nie, kan aan nat en beskadigde kabels toegeskryf word."

Sy raad is dat boere seker moet maak dat die verskaffer 'n goeie nasorgdiens lewer voordat op 'n skaal besluit word.

Me. Lisa Williams, die eienaar van 'n maatskappy wat reeds sedert 1987 elektroniese skale uit Australië invoer, beklemtoon dat daar 'n groot verskil is tussen skale wat dooie gewig bepaal en dié wat gebruik word om lewende hawe mee te weeg. "Die skale wat ons bemark, moet hoogstens as 'n hulpmiddel gesien word om die gewig van lewende diere te bepaal." Die weeg van vee op sigself is nie 'n presisietaak nie. Daarom dui haar maatskappy aan dat die skale wat hulle verskaf, binne ongeveer 1 % akkuraat sal wees mits dit volgens voorskrif gestel is, beklemtoon sy.

Me. Williams sê die skale wat hulle bemark, weeg tot by 50 kg in inkremente van 200 g, en vir diere van 50 kg tot 200 kg in inkremente van 500 g. Van 500 kg tot 2 000 kg verander die inkrement na 2 kg. Sy erken dat die ouer skale net met die stel van 'n skroefie gekalibreer kan word. By die nuwe modelle moet 'n bepaalde kode ingesleutel word. Om te voorkom dat onnodig met die skale gepeuter word, word dié inligting nie aan die klante verskaf nie. Net die agente word met die kode vertrou.

Mnr. Flip van Rensburg, hoofbestuurder van Elliot Broers in Oos-Londen, beveel aan dat boere wat hul vee op die plaas weeg en daarna na 'n abattoir stuur, die diere sonder toegang tot drinkwater in 'n kraal laat oornag voordat die diere die volgende oggend geweeg word. "Onthou, 'n groot bees kan 30 liter tot 40 liter water drink en binne die eerste 50 km op die vragmotor hiervan ontslae raak. Vee wat droog gelaai word, sal minder kneus omdat hulle nie op die mis en urine op die vragmotor sal gly nie." Boere wat droë diere op die plaas weeg, kan volgens hom in die geval van gevoerde osse op 'n uitslagpersentasie van 54 reken. Volgroeide beeste (graad C3), wat oor 'n afstand van 300 km vervoer word, behoort 'n slagpersentasie van 50 te lewer, terwyl maerder osse (CO en C1) se persentasie na 43 sal afneem, en C0-koeie so min as 37 % sal uitslag.

Selfs elektroniese ringskale wat by veiling-lokale geïnstalleer is, behoort net as 'n hulpmiddel vir die koper en die verkoper gesien te word. Mnr. Connie van den Berg, wat skale in die Oos-Kaap yk, sê daar is reeds in 1972 wetgewing aanvaar dat enige onderneming wat produkte oor 'n skaal verkoop, verplig is om weegskale op 'n gereelde grondslag te laat yk.

"Trouens, as daar by 'n verbruiker enige twyfel oor die betroubaarheid van 'n skaal is, kan hy op 'n yk-sertifikaat aandring."

Sover sy kennis strek, is die wet egter nie van toepassing op die weeg van lewende hawe nie omdat dit byna onmoontlik is om die gewig van lewende diere 100 % akkuraat te bepaal. Hy wys ook daarop dat selfs die wind 'n skaal kan beïnvloed.

Die meeste kopers en verkopers beskou 'n toleransie van 1 % in die geval van vee as aanvaarbaar. Waar twee skale gebruik word wat aan dié norm voldoen (een weeg 1 % meer en die ander 1 % minder) en in die geval van 'n bees wat 600 kg weeg, beteken dit die verskil kan soveel as 12 kg beloop. Teen R6/kg beteken dit dus 'n verskil van R72 op só 'n bees.

"Hou ook in gedagte dat die verskil selfs meer kan wees waar die inkrement van diere wat meer as 500 kg weeg, 2 kg op 'n slag kan wees."

23 Mei 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.51
+0.6%
Rand - Pond
24.30
-0.0%
Rand - Euro
20.93
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.90
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
1,003.50
0.0%
Palladium
1,420.36
0.0%
Goud
1,948.15
0.0%
Silwer
23.63
0.0%
Brent-ruolie
76.13
+2.4%
Top-40
71,993
+1.9%
Alle aandele
77,126
+1.7%
Hulpbronne 10
70,299
+1.9%
Industriële 25
105,036
+2.0%
Finansiële 15
14,803
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Life is exciting when you meet the right person
I am a down to earth person outgoing people's person love braai outdoors and also like to be at home watching movies and listening to music ek geniet my werk is n hard...
Plat op die aarde kom oor die wet almal
Ek is een van daai mense wat die pad sal loop saam mense wat die pad saam my sal loop
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot