Hy verduidelik die stroper se penne is soos ’n kat se naels. Die bestuurder kan dit intrek of uitstoot soos nodig. ’n Stel grondpenne kos minder as dubbelwiele en plaas minder stremming op die stroper se halfaste.
Op sanderige grond waar die wiele wegsak, sal dubbelwiele beter werk, maar op kleigrond waar die stroper net staan en gly bo-op die grond, gaan die penne ’n beter greep hê.
As jy ’n werktuig sleep, sleep dit die modder en grond saam en dan sit die trekker makliker vas, maar as dit ’n werktuig is wat opgetel kan word, werk dit baie goed.