Boere kan nou 24 uur per dag John Deere-onderdele op die maatskappy se nuwe e-handelsplatform koop, wat van 1 Februarie af in bedryf is.
Me. Janalize van Buuren, direkteur vir naverkope- en klantediens in Afrika, die Midde-Ooste, Asië en China, sê met die nuwe aanlyn winkel kan boere te alle tye onderdele koop. Die voordeel is nie net die gemak daarvan nie, maar die belangrikste is om staantyd in die veld te vermy of te verminder.
“As werktuie laat in die nag in die veld onklaar raak, hoef boere nie tot die volgende dag te wag om die onderdeel van hul naaste handelaar te bestel nie, maar kan dit aanlyn via hul foon of rekenaar bestel.