AFGRI
BEAN
05 Jun
-
8540
35,00
CORN
05 Jun
-
4137
104,00
SOYA
05 Jun
-
7760
41,00
SUNS
05 Jun
-
8341
41,00
WEAT
05 Jun
-
6560,2
-13,80
WMAZ
05 Jun
-
3725
30,00
YMAZ
05 Jun
-
3855
42,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Maak goedkoper voerkorrels tuis

Boere in Suid-Afrika begin die voordele van veevoerverpilling insien.

Suid-Afrikaanse boere is in die algemeen baie oningelig oor die voor- en nadele van veevoerverpilling. Voerkorrels wat nie soos losmaatvoer kan wegwaai nie is een van die voordele daarvan. Boere in Suid-Afrika begin die voordele van veevoerverpilling insien, veral noudat plaaslik vervaardigde toerusting hulle in staat stel om voerkorrels goedkoper te maak.

In die verlede was dit nie vir 'n boer lonend om sy veevoer self te verpil nie, want die koste om 'n aanleg te installeer was altyd te hoog omdat die nodige masjinerie ingevoer moes word. Nou het dit heeltemal binne die bereik van selfs boerderye van gemiddelde grootte gekom.

Die leemte is gevul toe mnr. André Eksteen van die maatskappy Agricon op Oudtshoorn sy eie masjiene met 'n vermoë wat wissel van 800 kg/uur tot 30 ton/uur ontwerp en dit teen minder as die helfte van die koste van ingevoerde masjiene vervaardig het.

Hy sê die onlangse droogte het daartoe gelei dat daar 'n groot toename in die navrae oor pilaanlegte ontstaan het, maar dit is duidelik dat baie boere oningelig is oor die voordele van die proses. Baie boere het wanindrukke oor die konsep. Dit kan opgeklaar word en kan hom help om die mees ekonomiese besluite binne sy omstandighede te kan neem.

Vrae soos die volgende kom algemeen voor:

  • Wat het 'n boer nodig om sy eie veevoerpille te maak?

     

  • Waaruit bestaan 'n voerpil?

     

  • Wat is die voor- en nadele van pille teenoor losmaatvoer?

     

  • Hoeveel kos dit om self pille te vervaardig?

     

  • Watter ander materiale kan verpil word om meer winsgewend te boer?

     

  • Kan een masjien 'n klomp verskillende produkte verpil?

    Eksteen sê die koste van plaaslike masjiene is baie laer as ingevoerdes. Die enigste probleem van dié masjiene was dat dit tot onlangs 'n maksimum van 1 ton voerkorrels per uur kon lewer. En dit is hier waar Eksteen die voortou geneem het deur masjiene te ontwerp wat verskillende vermoëns het en by 'n boer se behoeftes kan aanpas.

    Hy sê om voerkorrels te maak, is maklik en eenvoudig. Eerstens moet die voer goed gemaal word in 'n hamermeul. Die gemaalde voer gaan daarna na 'n menger waar al die nodige konsentrate en vog bygevoeg word.

    Wanneer die mengproses afgehandel is, word die voer in die pilmasjien ingevoer waar dit verpil word. Die pil wat uit die pilmasjien kom, se hitte is 80 °C tot 90 °C, wat afgekoel word voordat dit in sakke geplaas en opgeberg word.

    'n Basiese voeraanleg wat 'n middelslag veeboer op sy plaas kan oprig, bestaan uit 'n hamermeul, menger, pilmasjien en verpakkingseenheid. Meer gevorderde aanlegte kan toegerus word met skale, verkoelers, silo's en rekenaarstelsels.

    Na gelang van die beoogde tonnemaat, kan in 'n aanleg met die vermoë van 800 kg/uur nét die basiese toerusting gebruik word, maar 'n aanleg wat 5 ton/uur en meer lewer, sal meer gevorderde toerusting vereis om dit ekonomies te bedryf.

    Om die beste resultate te verseker, moet 'n gebalanseerde voermengsel op die dier se voedingsbehoeftes en aktiwiteitsvlakke gegrond word. Lusern kan byvoorbeeld skoon verpil word sonder enige byprodukte, maar die dier sal nie die verlangde energievlakke daarop kan handhaaf vir vetmesting nie. Boere moet by veevoerkundiges aanklop vir die formulering van sulke mengsels.

    Eksteen sê een van die grootste probleme met losmaatvoer is die vermorsing daarvan wat dikwels plaasvind. Diere is geneig om sekere bestanddele in 'n mengsel, soos mielies, uit te soek en die minder smaaklike bestanddele in die mengsel te los.

    Met voerkorrels verander die prentjie heeltemal. Die korrels kan nie wegwaai nie en 'n dier wat korrels vreet, is verplig om alles in die mengsel te vreet. Weens die samepersing van die voer gedurende die verpillingsproses, is die eindproduk se volume kleiner as dié van die rou produkte. Die kleiner volume maak dit makliker om die korrels te vervoer en op te berg. Só word vervoerkoste verminder.

    In die volstruisbedryf is dit bewys dat lugsakinfeksies verminder en groei verbeter wanneer die voëls korrels gevoer word.

    Eksteen sê die aanvanklike koste van 'n voeraanleg wissel en die eenheidskoste verskil van boerdery tot boerdery. As voorbeeld kan 'n aanleg met 'n vermoë van 2 ton/uur waarby 'n rekenaar ingesluit is, of een daarsonder gebruik word. Die masjien wat nie aan 'n rekenaar gekoppel is nie, se kragverbruik en slytasie is heelwat hoër as dié van 'n masjien wat wel 'n rekenaar het.

    Die aanleg bestaande uit 'n menger, pilmasjien, verpakkingseenheid en rekenaarbeheerkas sal sowat R150 000 kos, en dieselfde aanleg sonder 'n rekenaar R138 000.

    Dit is belangrik om te onthou dat die kleinste pilaanleg 'n elektriese stroom van 55 ampère nodig het om te funksioneer. 'n Transformator van 50 kVa is nodig vir 'n aanleg met 'n produksievermoë van 800 kg/uur en 100 kVa vir 'n aanleg van 2 ton/uur.

    Een masjien kan verskillende produkte verpil. Die drukverhouding van 'n pilring speel 'n groot rol hierin. Ander faktore wat ook 'n rol in die verpilbaarheid van produkte speel, is die roller se afwerking (gegroef of stompgroef), die snelheid van die masjien, die produk en die tempo waarteen die produk in die masjien gevoer word.

    Pilmasjiene se gebruike is nie beperk tot die verpilling van veevoer nie. Ook bemestingstowwe kan vervaardig word van mis en ander bestanddele wat met 'n 4,5 mm-ring verpil en op 3 mm-lengte afgekap word. Sulke bemestingspille kan deur enige kunsmisstrooier gestrooi word.

    'n Ander gebruik is die verpilling van houtsaagsels vir verbranding. Houtpille brand baie warmer as stompe en die as wat agterbly, is minimaal. Ander materiale wat verpil word, is byvoorbeeld lemoenpulp, steenkool, hopreste en papierpulp.

    'n Pilmasjien kan egter nie deur ongeskoolde werkers gebruik word nie. Eksteen se onderneming het dié leemte gesien en bied kursusse in Afrikaans, Engels en Xhosa aan oor die gebruik en onderhoud van pilmasjiene, soos pilaanlegbestuurder ('n driedagkursus wat al die aspekte van verpilling behandel) en pilmasjienonderhoud ('n vyfdagkursus waarin die pilmasjien se instandhouding teoreties en prakties behandel word).

    Daar is spesiale kursusse vir boere. Al die kursusse word op Oudtshoorn aangebied, maar dit kan ook op die boer se plaas of 'n kliënt se perseel aangebied word.

    Vir diegene wat wil afwyk van die beproefde verpilbare mengsels, is 'n proefaanleg beskikbaar vir die ontwikkeling van die pilproses vir daardie bepaalde produk.

    Die toetse wat deur professionele tegnici gedoen word, bepaal of 'n produk verpilbaar is, wat die eienskappe van die produk voor en ná verpilling is, in hoe 'n mate die pilmasjien daarvoor aangepas moet word, die verwagte lewering van die masjien, asook die bedryfskoste van die aanleg.

    'n Volledige verslag met pilmonsters word ná voltooiing van die toetse aan die kliënt verskaf. Die koste is minimaal as in ag geneem word dat 'n koper in die verlede blindelings 'n aanleg van sy eie moes oprig en hoop dat sy produk verpil kan word, meen Eksteen.

    10 September 2004

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.39
+0.7%
Rand - Pond
24.02
+1.1%
Rand - Euro
20.73
+0.9%
Rand - Aus dollar
12.77
+1.0%
Rand - Jen
0.14
+0.8%
Platinum
1,007.46
+0.2%
Palladium
1,423.83
-0.9%
Goud
1,943.27
-0.3%
Silwer
23.47
-0.7%
Brent-ruolie
76.13
+2.4%
Top-40
71,428
-0.8%
Alle aandele
76,589
-0.7%
Hulpbronne 10
69,234
-1.5%
Industriële 25
104,119
-0.9%
Finansiële 15
14,904
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom, sê 'n bietjie "hallo"!
Goeie intelligente geselskap. Ek ontmoet graag nuwe mense en gou daarvan om tyd saam deur te bring. Opreg en 'n staatmaker.
Wereldreisiger soek metgesel met goeie sin vir humor
Ek is lief vir mense glo leef en laat leef. Stel nie belang in jou verlede nie. Ek hou van positiewe mense moet lekker kan lag. Ek is lief vir onthaal en hou van kos maak. Ek is...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot