Dit is die wêreld se eerste ten volle metaanaangedrewe produksietrekker. Dit is die sleutel tot die vermindering van koolsuurgas – sonder om die gehalte van jou produksie te beïnvloed.
Die T6 Methane Power-trekker speel ’n belangrike rol om die Energy Independent Farm-konsep te voltooi. Boere kan landbou- of diereafval, asook spesifiek-verboude energiegewasse, gebruik om biometaan op te wek, wat die trekker dan op sy beurt sal help om die einste gewasse te verbou.
Alternatiewelik kan hervulling direk vanaf die gasnetwerk gedoen word of by spesifieke biometaanstasies, en só kan New Holland ’n ekovriendelike oplossing bied.