AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8916
0,00
SUNS
24 Mrt
-
8630
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6357
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3888
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3978
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

New Holland borg kongres

New Holland Agriculture het pas sy medeborgskap van die Wêreldkongres vir Volhoubare Landbou aangekondig.

PROMOSIE: Die Wêreldkongres vir Volhoubare Landbou vind op 11 en 12 Julie 2012 in Singapoer plaas. Dié konferensie sal die hele voedselwaardeketting betrek, insluitend agribesigheids- en landbouleiers, voedselvervaardigers, NRO’s, akademici en beleidmakers, om die probleme en oplossings te bespreek wat nodig is om volhoubare landbou vir toekomstige voedselsekerheid te verseker.

Die deelnemers, wat sal insluit mnr. Gaurav Sood, hoof van Crop Solutions by New Holland Fiat in Indië, sal besprekings hou en debat aanmoedig oor onder meer die nuutste landboutegnologie, volhoubare landbou-inisiatiewe, ekostelsel-gebaseerde benaderings tot die gebruik van grond en groeiende neigings in boerderymeganisasie.

New Holland, die leier in skoon energie
New Holland se borgskap van dié konferensie val binne die raamwerk van sy Clean Energy Leader-strategie wat sy verbintenis tot die omgewing weerspieël, asook sy beskouing dat landbouvervaardigers ’n kernrol speel ten opsigte van die beskerming van die landbou-omgewing vir toekomstige geslagte. Dié handelsnaam is gefokus op die ontwikkeling van oplossings wat boerdery doeltreffender sal maak, maar terselfdertyd die omgewing sal respekteer. Hierdie is die grondslag van sy Clean Energy Leader-uitgangspunt, wat insluit pionierswerk met biodiesel, lae vrystellingstegnologie wat voldoen aan Tier 4A-regulasies, biomassa, die Energy Independent Farm-konsep, die NH²™-waterstoftrekker en die verkleining van die koolstofspoor.

New Holland se voorlegging sal op die tweede dag van die konferensie plaasvind en die sessie oor nuwegenerasie-gewastegnologie vir volhoubare landbouproduksie open. Sood sal insae bied tot die voordele van die gemeganiseerde oes van suikerriet en die insameling van biomassa.

Volledige stelsels vir die verbouing van suikerriet en insameling van biomassa
Deur te steun op sy wêreldwye spoor, geteikende inisiatiewe en jarelange aanwesigheid in die mark, ondersteun New Holland – met sy sustermaatskappy Case IH – suikerriet- en biomassaprojekte in Indië, terwyl produktiwiteit verbeter en die ontwikkeling van volhoubare landboupraktyke uitgebou word.

New Holland bied sy uitgebreide ervaring en volledige reeks masjinerie, van geharde en gebruikersvriendelike trekkers en werktuie vir alle grondvoorbereidings- en verbouingstake en vervoer, tot balers en harke vir die insameling van biomassa vir gebruik in onafhanklike en ko-generasie-kragstasies. Hierby het die maatskappy ook toegang tot Case IH se toonaangewende suikerriet-oesmasjiene en kundigheid.

Hierdie tipe projekte, wat ondersteun word deur die doeltreffendste tegnologie en verbouingsmetodes, toon duidelik hoe goed beplande landboumeganisasie kan bydra tot die opheffing van die ekonomie, omgewing en maatskaplike omstandighede van landelike omgewings vir huidige en toekomstige geslagte in snelgroeiende en ontluikende markte.

Meer oor New Holland
New Holland Agriculture is sedert 1895 verbind tot die lewering van oplossings wat boerderydoeltreffendheid en produktiwiteit verbeter deur van toeganklike tegnologie gebruik te maak. In 2006 is die Clean Energy Leader-strategie geloods vir die aktiewe bevordering van hernubare brandstowwe, vrystellingverminderingstelsels en volhoubare landboutegnologie.

New Holland bied aan kontantgewasprodusente, veeboere, kontrakteurs, wingerde en grondversorgingspesialiste die grootste keuse van gebruikersvriendelike trekkers, oesmasjiene en hanteringstoerusting: meer as 80 produklyne en meer as 300 modelle. As ’n afdeling van CNH bied New Holland ook aan sy kliënte in die biomassabedryf toegang tot die suikerriet-oesmasjiene en tegnologiese kundigheid van sy sustermaatskappy Case IH.

New Holland Agriculture is ’n wêreldwye vervaardiger en verkoper van landboutoerusting. Sy reputasie word gebou op die sukses van sy kliënte, kontantgewasprodusente, veeboere, kontrakteurs, wingerde of grondversorgingspesialiste. Hulle kan staatmaak op die grootste aanbod van innoverende produkte en dienste: ’n volledige reeks toerusting, van trekkers tot oesmasjiene en hanteringstoerusting, afgerond met pasgemaakte finansiële dienste van ’n landbouspesialis.


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.11
-0.1%
Rand - Pond
22.24
-0.0%
Rand - Euro
19.62
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.11
-0.1%
Rand - Jen
0.14
-0.5%
Platinum
983.39
-0.2%
Palladium
1,425.15
-1.2%
Goud
1,990.87
-0.2%
Silwer
23.12
+0.1%
Brent-ruolie
75.91
-1.0%
Top-40
70,066
0.0%
Alle aandele
75,585
0.0%
Hulpbronne 10
65,190
0.0%
Industriële 25
102,646
0.0%
Finansiële 15
15,424
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Nie net n goeie mamma,Kan n goeie vriendin ook wees
Want Ek is opregte mense. Het baie seer gekry. Ek is reguit mens. Ek is Altyd vriendelik en gee my Al's. Ek Hou daar van Om Saam mense te lag en sports te Kan hê. Ek Kyk...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot