Smith Power Equipment, ’n verspreider van spesialismasjinerie en -werktuie, het ’n nuwe reeks Kubota-vastekamerbalers in Suid-Afrika bekend gestel.
Die verspreider maak daarop aanspraak dat Kubota dekades se ervaring in die ontwerp van werktuie het wat wêreldwyd ingespan kan word. Kubota vervaardig al van 1975 af balers.
Die nuwe BF 3255 RN- en RNT- balers met ’n ekstrawye, laeprofiel- optelaksie van 2,2 m is ontwerp met die klem op hoë werkverrigting en duursaamheid. Dit is ’n kostedoeltreffende en winsgewende aanwins vir enige boerdery.