AFGRI
BEAN
02 Jun
-
9580
0,00
CORN
02 Jun
-
4677
0,00
SOYA
02 Jun
-
7767
0,00
SUNS
02 Jun
-
8137
0,00
WEAT
02 Jun
-
6670
0,00
WMAZ
02 Jun
-
3681
0,00
YMAZ
02 Jun
-
3802
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Nuwe werktuig vir ou probleem

'n Nuwe werktuig kan verdigtingslae doeltreffend opbreek asook kalk en bemestingstowwe diep in die grond plaas.

'n Nuwe werktuig wat verdigtingslae doeltreffend opbreek asook kalk en bemestingstowwe diep in die grond plaas en dit deeglik meng, kan verskeie konvensionele bewerkings vervang en gewasse se opbrengs verhoog.

Min vog in die grond kry dikwels die skuld vir swak oeste, terwyl die werklike sondaar 'n verdigtingslaag is waarin die oorblyfsels van chemiese stowwe vasgevang lê en plantwortels verhoed om by die vog onder die laag uit te kom.

'n Nuwe werktuig, die Ultima Fer-T-Limer, wat dié lae opbreek en terselfdertyd plantvoedingstowwe tot bykans 'n meter diep egalig in die losgemaakte grond plaas en dit deeglik omroer, is 'n oplossing vir die ou probleem wat jaarliks boere se potensiële wins wegvreet. Grondsuurheid word ook reggestel.

Daarby kan 'n bewerking met dié werktuig verskeie konvensionele bewerkings vervang wat 'n besparing van tot 70 % kan bewerkstellig. In proewe is 'n oesverbetering van 2 ton tot 3 ton mielies per hektaar gekry, sê die vervaardigers.

Dié werktuig kan vir enige gewas gebruik word as verdigtingslae 'n beperkende faktor is. Dit is ook al met groot welslae gebruik om grond vir wingerd in die provinsie Limpopo voor te berei.

Afgesien van groot plaaslike belangstelling in die nuutste model, is navrae al van verskeie Afrikalande ontvang waar grondverdigting en grondsuurheid oeste dikwels laat misluk.

Mnr. Thinus Venter, sê dié werktuig is uit nood gebore. Hy het saadmielies digby Nylstroom verbou. Met die geringste droogte het sy mielies verdor en 'n swak oes gelewer en in die nat jare het die mielies erg omgeval sodra die koppe swaar begin word het.

Hy en 'n voorligtingsbeampte het 'n paar profielgate in die lande gegrawe en gesien die wortels groei net sowat 300 mm diep waar hulle deur 'n verdigtingslaag gestuit is. Dit was die oorsaak van sy probleem. Die plante se wortelontwikkeling was só swak dat hy hulle met die een hand kon uittrek.

Toe begin hy aan die oplossing werk. Aanvanklik was dit 'n eenheid wat vir die kleiner trekkers van 'n klompie jare gelede bedoel was. Die welslae wat hy daarmee behaal het, het hom aangespoor om voort te gaan.

En nou het 'n nuwe werktuig die lig gesien wat in vennootskap met mnr. Vic Snyman van Middelburg, Mpumalanga, gemaak word. Dit is ontwerp en word vervaardig met die inagneming van die betrokke patentreg.

Die werktuig lyk baie soos 'n skeurploeg met twee tande in tandemformasie. Bo-op is 'n bak van 'n kubieke meter groot wat sowat 600 kg droë kalk of kunsmis kan hou.

Onder in die bak is 'n awegaar wat keer dat die kalk of kunsmis in die bak vassak en wat dit terselfdertyd deur die opening afvoer na die toedieningsgeute wat in die voorste skeurtand ingebou is.

In die bodem van die bak is ses gate met 'n glyplaat daaronder. As die skaar nie in die grond is nie, skuif die glyplaat vanself om die toevoer af te sluit.

Sodra die skaar die grond indring, begin 'n rollereenheid agter aan die werktuig op die grond loop en skuif die glyplaat sodat die gate oopgaan en die kalk of kunsmis daardeur kan val.

Die glyplaat kan verstel word om die vloei te beheer. Van 1 ton tot 6 ton kalk of kunsmis kan per hektaar toegedien word. As die skaar uitgelig word, lig die roller op en skuif die glyplaat toe.

Die werktuig is beskikbaar van 'n enkelry-eenheid tot een wat drie rye op 'n slag kan loswerk. Á die modelle pas op die trekker se driepuntstelsel. By die enkelry-werktuig word die awegaar deur die trekker se krag-aftakker aangedryf en by die twee- en drierymodelle word dit hidroulies aangedryf.

Uit die bak loop ses vierkantige geute af wat in die tand ingebou is en wat op verskillende hoogtes aan die agterkant van die tand uitmond. Dié uitlate is in die standaardmodelle met tande van 950 mm só geplaas dat die kalk of kunsmis in lae 75 mm uit mekaar geplaas word. Dié tand is, van die kant bekyk, heelwat breër as 'n gewone skeurploegtand vanweë die geute vir die kalk. Onderaan is 'n standaardskeurploegskaar.

Sowat 1,3 m agter die tand is 'n tweede tand wat presies agter die voorste tand geplaas is en op dieselfde diepte werk. Agter aan dié tand is mengvingers aangebring.

Die mengvingers is staalpenne wat in 'n V-vorm gemaak is en só vasgeheg is dat dit kan skarnier. Die twee bene van die V-vormige penne wys na agter en sowat 40 grade na bo.

Terwyl die tand deur die grond beweeg, krap die penne die kante van die voor verder los en omdat die stertkante na bo wys, meng dit die kalk of kunsmis met die los grond en versprei dit eweredig deur die hele werkdiepte.

Die V-vormige vingers kan agter aan die tand skarnier sodat dit wegswaai as dit 'n soliede voorwerp tref. Die vingers is sowat 166 mm lank en is teen 'n hoek van sowat 70 grade gebuig sodat die opening tussen die twee stertpunte 300 mm is.

Die voorste tand het ook 'n breekbout sodat dit kan uitskop. As dit uitskop, lig dit ook die agterste tand uit die grond.

Agter die agterste tand is 'n rollereenheid wat die voor toemaak om te verhoed dat die vog ontsnap en wat 'n saadbed voorberei waarin regstreeks geplant kan word. Dié eenheid bestaan uit twee skraperlemme wat die los grond in 'n baan van 600 mm oor die voor bymekaarskraap en 'n swaar roller wat die grond fyn- en vasdruk. Dié roller beheer ook die skyf wat die vloei van die kalk of kunsmis beheer.

Venter sê die geheim van dié werktuig is dat dit die verdigtingslaag opbreek en terselfdertyd kalk, fosfaat en ander bemestingstowwe plaas waar die oorblyfsels van suur en giftige chemiese middels versamel het. Dit alles saam laat die wortels diep in die grond indring om die vog in die ondergrond te gaan benut.

In proewe wat hy self gedoen het, het hy profielgate gegrawe waar die grond met die eenheid bewerk is en mieliewortels het tot 2 meter diep ingedring.

By Cedara, sê hy, is in proewe bevind dat met dié werktuig 'n opbrengs van 2,8 ton/ha meer verkry is as waar kalk en bemesting met 'n dolploeg (wat die naasbeste resultate gelewer het) ingewerk is.

In proewe wat Venter by Nylstroom gedoen het en waar van planttyd tot met kopvorming net 113 mm reën geval het, was die opbrengs met gewone bewerking net 450 kg/ha teenoor die 5,8 ton/ha in dieselfde land waar die bewerking met dié werktuig gedoen is.

Afgesien van dié voordele kan tot sewe bewerkings wat gewoonlik met gewone werktuie gedoen word, met dié werktuig uitgeskakel word (na gelang van die praktyke wat gevolg word en hoe die werktuig aangewend word).

Venter sê gewoonlik kan ná een bewerking regstreeks op die voor geplant word. As onkruid doeltreffend met chemiese middels bestry word, is geen verdere bewerking nodig nie. Dit skakel dan ook wortelbeskadiging met meganiese skoffel-aksies uit.

Nog 'n voordeel is dat water aansienlik beter intrek en baie minder water wegloop.

Dit maak dit ook moontlik om stikstofbemestings op die grond langs die plantrye uit te strooi en dit deur die water te laat inloog, sê hy.

Trekkers van 70 kW, 140 kW en 200 kW is vir die onderskeie standaardmodelle geskik en dit kan teen 3 km/h tot 7 km/h werk.

Weergawes met korter of langer tande kan ook bestel word. Die standaardmodelle kos sowat R48 000 (enkelry) R106 000 (twee rye) en R152 000 vir die drierymodel. Belasting is nie hierby gevoeg nie.

16 Januarie 2004

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.51
+0.6%
Rand - Pond
24.30
+0.0%
Rand - Euro
20.93
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.90
-0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
1,003.50
0.0%
Palladium
1,420.36
0.0%
Goud
1,948.15
0.0%
Silwer
23.63
0.0%
Brent-ruolie
76.13
+2.4%
Top-40
71,993
+1.9%
Alle aandele
77,126
+1.7%
Hulpbronne 10
70,299
+1.9%
Industriële 25
105,036
+2.0%
Finansiële 15
14,803
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees not jou self
Down to earth. Very passionate and loving. Strait too the point, no nonsense person. Love Motorsport. Love animals. Braai and enjoy good friend's
Humble with a hint of Kanye
Ek kan braaibroodjies maak, beter braai as jy en my gedra ( so sê hulle). Ek werk hard, kan spel en is nie clingy nie. Ek sal n dic pic vra as ek een wil hê😉
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot