Rovic Leers het onlangs die vyfde geslag van die Krone Big Pack-baler, die 1270 en die 1290 bekend gestel, asook die Big X 780, wat die jongste toevoeging is tot die Big X-familie met sy Easy Flow 380S-snytafel en kragtige Liebherr-enjin. Krone verskaf al die afgelope 95 jaar landboutoerusting aan Suid-Afrikaanse boere.
Dié toekomsgerigte maatskappy spesialiseer in ’n wye reeks werktuie en is ’n trotse invoerder van Krone, ’n Duitse landbouwerktuigvervaardiger wat een van die wêreld se voorste vervaardigers van oestoerusting en -werktuie is.
Die nuwe reeks Big Pack-balers is die produk van jare se innovasie en intensiewe ontwikkeling om die landboubedryf ’n baler te bied wat al die bekende tegnologieë insluit.