AFGRI
BEAN
06 Jun
-
9659,8
16,80
CORN
06 Jun
-
4607
-20,00
SOYA
06 Jun
-
8170
-37,00
SUNS
06 Jun
-
8554,8
208,80
WEAT
06 Jun
-
6635
64,00
WMAZ
06 Jun
-
3728,8
-5,20
YMAZ
06 Jun
-
3832
-27,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
26 Me
-
172,55
5,11
Ave Wool - RWS
26 Me
-
189,51
7,15
Beeste A2/3
26 Me
-
53,82
0,82
Beeste AB2/3
26 Me
-
52,28
0,50
Beeste B2/3
26 Me
-
48,03
-0,68
Beeste C2/3
26 Me
-
45,86
0,77
Bevrore Hoender
26 Me
-
34,01
-1,25
Bokkies (onder 30 kg)
26 Me
-
55,19
1,47
Bokooie
26 Me
-
38,71
-2,84
Groot (meer as 40 kg)
26 Me
-
40,79
-0,03
Hoender (IQF)
26 Me
-
33,04
-0,01
Medium (30-40kg)
26 Me
-
51,26
2,05
Pork Average
26 Me
-
29,59
0,40
Poultry Average
26 Me
-
33,71
-0,64
Skaap A2/3
26 Me
-
84,64
-3,90
Skaap AB2/3
26 Me
-
76,6
7,69
Skaap B2/3
26 Me
-
58,23
-2,52
Skaap C2/3
26 Me
-
57,02
-0,39
Speenkalf
26 Me
-
31,04
0,93
Spekvarke
26 Me
-
30,9
0,87
Stoorlammers
26 Me
-
42,28
0,90
Varkwors
26 Me
-
24,66
-0,30
Vars Hoender
26 Me
-
34,07
-0,69
Vleisvarke
26 Me
-
29,47
0,36
Deel

Oplaaiwerk in japtrap gedoen

Hierdie werktuig maak die op- en aflaai van bale voer, werktuie en ander swaar voorwerpe maklik en vinnig.

Danksy 'n boer se vindingrykheid maak hierdie werktuig die op- en aflaai van bale voer, werktuie en ander swaar voorwerpe maklik en vinnig. Dit skakel onnodige hande-arbeid heeltemal uit.

Produktiwiteit op die plaas is baie belangrik. Dit is met hierdie waarheid in sy gedagtes dat mnr. Frikkie Swart, 'n boer van die plaas Speekboomhout in die distrik Lichtenburg, 'n werktuig ontwerp en gebou het waarmee hy groot bale voer en werktuie maklik en manalleen op en van 'n sleepwa kan laai.

Tyd is 'n groot faktor, veral in besproeiingsboerdery, want die boer het dikwels nie 'n minuut tyd wat hy kan mors nie. Daar is altyd baie hooi op die lande nadat die oes afgehaal is, wat hy vir sy vee wil gebruik, eerder as om dit te verbrand, want dan gaan al die oesreste verlore. As hy die oesreste baal, bly daar genoeg oesreste oor om in te ploeg en humus in die grond te vorm.

Groot ronde bale is egter swaar. Een só 'n baal mieliereste weeg sowat 150 kg tot 180 kg. Voorheen moes hy minstens vyf werkers gebruik om bale te laai. Dit duur lank en verg spierkrag. Hulle het eers twee lang ysterstawe met die een punt op die grond en die ander punt agter op die wa se bak staan gemaak en die bale dan een-een teen die skuinste tot op die wa gerol. Dan was dit steeds net moontlik om agt bale op 'n 8-ton-wa te laai, want dit is nie moontlik om twee lae te laai nie. Hierdie taak - met vier werkers wat die baal op rol en een op die wa om dit reg te skuif - het veertig minute geduur.

Dit is te lank vir 'n besige boer. Swart het toe 'n werktuig gebou wat hierdie werk in 'n japtrap verrig. Hy noem dit 'n Non Striker 5 in 1. Dit bestaan uit 'n "baalmandjie" - 'n reghoekige raamwerk van pype vir die lang kante en yster vir die korter sykante - waarin die baal lê. Dit hang aan kettings aan 'n dwarsbalk, wat bo in die middel aan 'n hyserarm vas is. Die werktuig word aan 'n trekker se hyserarms gekoppel.

Die werker op die grond rol 'n baal tot in die baalmandjie, hys dit op en laat sak dit tot op die wa. Die werker op die wa rol dit dan met die hand na die wa se voorkant. As die tweede laag bale gelaai word, is net een werker nodig. Hy hys die baal op en laat sak dit tot op die ronding van die baal naaste aan die wa se voorkant. Die trekker word 'n klein entjie agteruit beweeg sodat die baal uit die mandjie tot op sy plek rol.

As hy ver met die wa moet ry, laai hy drie lae bale. Dan neem dit net 30 minute om 24 bale op 'n groot wa te laai. Dit bespaar nie net tyd en arbeid nie, maar ook baie diesel, want hy ry dan drie ritte minder met die bale.

Swart sê hy gebruik die werktuig ook om miedens te pak. Hy kan tot vyf bale op mekaar stapel.

Die werktuig is vir verskeie ander take geskik, soos om groot graansakke, wat boere vir saadproduksie gebruik, te laai. Dit kan ook enige swaar werktuig, soos 'n ploeg, op 'n wa laai.

Swart se Non Striker kan selfs 'n siek bees wat te swak is om te staan, ophys en op 'n bakkie laai. Daarvoor het hy 'n basisplaat ontwerp wat hy bo-oor die baalmandjie vassit. Die bees word tot bo-op die plaat geskuif sodat die dier opgelaai kan word. Hy haak die mandjie dan af sodat die bees daarop lê. As hy by sy bestemming aangekom het, haak hy die mandjie weer aan die hyswerktuig en laai die bees af. Hy kan só ook 'n dooie bees vervoer.

Die uittrek van boorgatpype is nog 'n taak waarvoor baalhyser geskik is.

Hy sê die Non Striker het hom omtrent niks gekos nie, want hy het dit van afvalys-ter op die plaas gebou. Die hidrouliese pomp en pype is ál duur toerusting wat hy moes koop. Die werktuig het hom net R2 500 gekos. Instandhouding is nóg goedkoper.

  • Navrae: Mnr. Frikkie Swart, tel. 018 632 9302 of sel 083 954 0161.

    2 Junie 2006

  • Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    heading
    description
    username
    Wys Kommentaar ()
    Landbou Veilings

    Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

    Lees hier
    Smalls

    Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    19.21
    +0.3%
    Rand - Pond
    23.87
    +0.4%
    Rand - Euro
    20.54
    +0.5%
    Rand - Aus dollar
    12.82
    -0.5%
    Rand - Jen
    0.14
    +0.4%
    Platinum
    1,033.20
    +0.7%
    Palladium
    1,413.68
    +0.5%
    Goud
    1,963.08
    +0.1%
    Silwer
    23.60
    +0.1%
    Brent-ruolie
    76.71
    +0.8%
    Top-40
    71,632
    +0.3%
    Alle aandele
    76,840
    +0.3%
    Hulpbronne 10
    69,525
    +0.3%
    Industriële 25
    103,876
    +0.0%
    Finansiële 15
    15,144
    +1.1%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    Glimlag en voed jou Siel.
    As jy nog opgewonde is oor die lewe, aktief is en lief is vir jouself, moet ons ontmoet. Ek is afgetree maar doen nog kontrak werk. Ek is redelik aktief. Ry gereeld fiets. Stel...
    Kom ons kyk.....
    Ek is n baie liefdevolle mens wat hou van lag, en die lewe geniet. Baie lief vir reis, kosmaak, diere en kinders.
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot