AFGRI
BEAN
06 Jun
-
9659,8
16,80
CORN
06 Jun
-
4607
-20,00
SOYA
06 Jun
-
8170
-37,00
SUNS
06 Jun
-
8554,8
208,80
WEAT
06 Jun
-
6635
64,00
WMAZ
06 Jun
-
3728,8
-5,20
YMAZ
06 Jun
-
3832
-27,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
26 Me
-
172,55
5,11
Ave Wool - RWS
26 Me
-
189,51
7,15
Beeste A2/3
26 Me
-
53,82
0,82
Beeste AB2/3
26 Me
-
52,28
0,50
Beeste B2/3
26 Me
-
48,03
-0,68
Beeste C2/3
26 Me
-
45,86
0,77
Bevrore Hoender
26 Me
-
34,01
-1,25
Bokkies (onder 30 kg)
26 Me
-
55,19
1,47
Bokooie
26 Me
-
38,71
-2,84
Groot (meer as 40 kg)
26 Me
-
40,79
-0,03
Hoender (IQF)
26 Me
-
33,04
-0,01
Medium (30-40kg)
26 Me
-
51,26
2,05
Pork Average
26 Me
-
29,59
0,40
Poultry Average
26 Me
-
33,71
-0,64
Skaap A2/3
26 Me
-
84,64
-3,90
Skaap AB2/3
26 Me
-
76,6
7,69
Skaap B2/3
26 Me
-
58,23
-2,52
Skaap C2/3
26 Me
-
57,02
-0,39
Speenkalf
26 Me
-
31,04
0,93
Spekvarke
26 Me
-
30,9
0,87
Stoorlammers
26 Me
-
42,28
0,90
Varkwors
26 Me
-
24,66
-0,30
Vars Hoender
26 Me
-
34,07
-0,69
Vleisvarke
26 Me
-
29,47
0,36
Deel

Ou plan l

'n Bewerkingstelsel wat afgestof is wys dat boere mielies met tot die helfte minder brandstof kan produseer en opbrengs kan verhoog.

Proewe met 'n bekende bewerkingstelsel wat net afgestof en verfyn is, wys dat boere mielies met tot die helfte minder brandstof kan produseer en terselfdertyd die opbrengs met tot 'n ton per hektaar kan verhoog.

Onbestendige opbrengste, wisselende pryse en stygende produksiekoste maak die verbouing van mielies riskant. Dit is belangrik om in ongunstige seisoene (lae opbrengste en/of lae pryse) steeds 'n volhoubare bestaan te kan maak. Daarvoor moet optimale opbrengste behaal en produksiekoste tot op die been gesny word.

Dit is veral die prys van ru-olie, wat oor die afgelope vier dekades van $20 per vat tot meer as $70 per vat gestyg het, wat koste opgejaag het. Weens beperkte voorraad en 'n groter vraag na brandstof word voorspel dat dié prys eersdaags tot $100/vat kan styg.

In 1990/'91 kon 1 000 liter diesel met die prys van 2,5 ton mielies gekoop word en in 2006/'07 was 5,5 ton mielies daarvoor nodig. Dit het boere se brandstofrekening geweldig laat styg en vereis dat brandstof so spaarsamig moontlik gebruik moet word.

Daarvoor is die volgende bewerkingspraktyke beproef:

Stap 1: Die eerste bewerking is 'n standaard-praktyk deurdat die lande in die winter met 'n skotteleg gesny is. 'n Rolmoer werk ook. Die doel is om die vorige seisoen se plantreste fyn te sny. Mieliepitte wat die stroper gemors het, word ingewerk sodat dit met die eerste lentereën ontkiem. Dit word voor planttyd doodgewerk. Winteronkruide wat vog steel en snywurms bevoordeel, word bestry.

Stap 2: Ná die eerste goeie lentereën is die onkruid en opslagmielies doodgewerk met 'n tandwerktuig met S-vormige vibrerende tande waaraan vlerkskare geheg is. Dié bewerking word so vlak moontlik gedoen om vogverlies te verminder en trekkrag te beperk.

Dieptebeheerwiele is gebruik om die werkdiepte akkuraat te beheer. Veertand-eggies kan agteraan die tandwerktuig geheg word om die onkruid uit die grond te trek. 'n Skottelwerktuig moet beslis nie vir dié bewerking gebruik word nie omdat dit die grond sal verdig.

Stap 3: Hierdie bewerking is die belangrikste en die korrekte uitvoering daarvan sal die welslae van die verbouingsproses verseker. Dit vereis die meeste trekkrag (brandstof).

Die oogmerk is om 'n saadbed (strook) vir die mielierye voor te berei, verdigtingslae onder die rye op te breek en die land af te merk sodat al die volgende bewerkings op dieselfde spore gedoen word.

In die proewe is 'n enkelbalk-drietand-beitelploeg op die driepuntstelsel met dieptebeheerwiele gebruik. Die beiteltande is 1,5 meter uit mekaar geplaas en twee listerskare is aan die beitelploeg tussen die beitelskare geheg om twee duidelike vore te trek.

Vir al die volgende bewerkings is die trekker se wiele 1,5 meter wyd gestel om elke keer presies in die vore te loop.

Die merkarms van die planter is op die beitelploeg gemonteer en verleng om die presiese wydte van die lasrye te verkry.

Die beitelarms is met 'n boog na voor gebuig sodat die beitelskare eerste die grond losbreek en die beitelarms deur los grond beweeg. Sluitstawe is nogtans aan die voorkant van die beitelarms aangebring en die beitelskare is aan die onderkant (nie bokant nie) skerp gemaak.

Agter elke beitelskaar is 'n swaar stuk koekepanspoor van 300 mm lank dwars gesleep. Dit is met twee stewige arms aan die beitelarm geheg sodat dit op en af, maar nie sywaarts nie, kan beweeg. Dié staaf het die beitelvoor mooi toegesleep en 'n ideale saadbed vir mielies geskep.

Al die bewerkings is op die kontoer gedoen en baie min reënwater het afgeloop.

Die werkdiepte het afgehang van die vlak waarop die verdigtingslaag was. Ná die bewerking is profielgate gegrawe om te bepaal of die bewerking diep genoeg was om die verdigting op te breek. Dit hou geen voordeel in om die grond nog dieper los te maak nie.

Stap 4: Om te plant was eintlik maklik. 'n Drieryplanter (1,5 m gespasieer) is gebruik en die wiele van die trekker en planter is gestel om in die listerskaarvore te loop en geen merkarms was aan die planter nodig nie.

Die bemesting was dieselfde as met normale bewerkings en daar is gemik na 28 000 plante per hektaar. Net die plantbaan van 300 mm is met onkruiddoder bespuit, wat minder is as die 450 mm wat konvensioneel bespuit word. Aansienlik minder onkruiddoder is dus gebruik.

Stap 5: Sowat ses, sewe weke nadat geplant is, is die aangewese tyd om stronkboorders te beheer, stikstofbemesting toe te dien en te skoffel. 'n Korrelmiddel is met toedieners voorop die trekker uitgestrooi om stronkboorders te beheer en kunsmisbakke, aangedryf deur 'n landwiel, is op 'n standaard-skoffel gemonteer. Al drie aksies is met een bewerking uitgevoer terwyl so vlak as moontlik geskoffel is.

Die trekker se wiele is weer gestel om in die listervore te loop wat dit maklik maak om akkuraat te skoffel.

Stap 6: Ná die skoffelbewerking is die hele land met valarms tussen die mielierye met 'n langwerkende breëspektrum-onkruiddoder gespuit. 'n Baie ligte trekker is hiervoor gebruik.

Stap 7: Olieboom, kakiebos en rooiblom wat laat ontkiem het, was op sommige lande 'n probleem. Dit is met 2,4-D amien bespuit. Die middel moet nie gespuit word wanneer die mielies stuifmeel stort nie, want dit sal die stuifmeel doodmaak. Die onkruid moet nie hoër as 100 mm wees nie.

Die bespuiting is met 'n klein boordtrekker (10 kW tot 15 kW) met skerms aan die sykante gedoen. Die middelste baan is regstreeks bespuit en die twee bane weerskante deur die mielierye.

Stap 8: Die mielies is met 'n enkelry-sleepstroper geoes. 'n Selfaangedrewe drie-rystroper kan ook gebruik word. Die brandstofverbruik per hektaar behoort min of meer dieselfde te wees.

Dit is nie 'n nuwe verbouingstegniek nie, maar eerder 'n bestaande metode wat verfyn en op 'n verskeidenheid grondtipes (swart turf uitgesluit) getoets is. Waar dié bewerkingsmetode (1,5 m rye) regstreeks met konvensionele ploeg en plant (0,9 m rye) vergelyk is, het eersgenoemde deurgaans hoër graanopbrengste (tot een ton per ha meer) gelewer. Dit wys grondverdigting is 'n groter probleem as wat algemeen besef word.

Met die beperkte hitte-eenhede op die oostelike Hoëveld is dit noodsaaklik dat teen middel Oktober klaar geplant moet wees. Met dié metode word die grond nie omgekeer nie, die verlies van grondvog beperk, die infiltrasietempo van reënwater verhoog en afloop verminder, wat meebring dat met minder lentereën geslaag geplant kan word.

Nog 'n voordeel is dat net die grond onder die mieliery losgemaak word en die trekkers en werktuie nie in los grond loop nie, wat trekkrag en brandstof bespaar.

Met dié bewerking is die totale brandstofverbruik van 90 liter diesel per hektaar vir konvensionele ploeg en plant tot 44 liter diesel per hektaar verminder. Omdat minder ure gewerk word, is daar 'n aansienlike besparing aan loopkoste. Aangesien die trekkers en werktuie altyd op vaste grond loop, hoef nie in duur vierwielaangedrewe trekkers belê te word nie.

Altesaam 200 ha mielies is met gemak binne tien dae geplant met een tandwerktuig (5 m werkwydte) getrek deur 'n 55 kW-trekker, 'n drietandbeitelpoeg met 'n 90 kW-trekker en 'n drieryplanter met 'n 50 kW-trekker.

In die proewe is 1,5 m rye gebruik omdat dit 'n praktiese werkwydte is. Dit is onwaarskynlik dat nouer rye vir dié stelsel sal werk omdat die bane vaste grond tussen die rye te nou sal wees vir die trekkers en werktuie om in te loop. Wyer spasiërings behoort nie probleme te skep nie.

Dit was interessant dat selfs nadat die mielies gestroop is, die grond onder die mielierye nog diep los was. Deur die volgende seisoen op dieselfde spore te bewerk, behoort nog minder trekkrag en brandstof nodig te wees. Dit is egter moeilik om te voorsien wat die gevolge van dié stelsel op lang termyn sal wees.

  • Koos van der Merwe is 'n gesoute navorser wat lank betrokke was by die Departement van Landbou en daarna die private sektor betree het. Hy het uiteindelik self suksesvol op die oostelike Hoëveld geboer.

    Landbouweekblad, 28 September 2007

  • Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    heading
    description
    username
    Wys Kommentaar ()
    Landbou Veilings

    Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

    Lees hier
    Smalls

    Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    19.21
    +0.3%
    Rand - Pond
    23.87
    +0.4%
    Rand - Euro
    20.54
    +0.5%
    Rand - Aus dollar
    12.82
    -0.5%
    Rand - Jen
    0.14
    +0.4%
    Platinum
    1,033.20
    +0.7%
    Palladium
    1,413.68
    +0.5%
    Goud
    1,963.08
    +0.1%
    Silwer
    23.60
    +0.1%
    Brent-ruolie
    76.71
    +0.8%
    Top-40
    71,632
    +0.3%
    Alle aandele
    76,840
    +0.3%
    Hulpbronne 10
    69,525
    +0.3%
    Industriële 25
    103,876
    +0.0%
    Finansiële 15
    15,144
    +1.1%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    Glimlag en voed jou Siel.
    As jy nog opgewonde is oor die lewe, aktief is en lief is vir jouself, moet ons ontmoet. Ek is afgetree maar doen nog kontrak werk. Ek is redelik aktief. Ry gereeld fiets. Stel...
    Kom ons kyk.....
    Ek is n baie liefdevolle mens wat hou van lag, en die lewe geniet. Baie lief vir reis, kosmaak, diere en kinders.
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot