Die kar se totale volume is 1 600 liter, en met die lugverspreidingstelsel word die saad en kunsmis deur die planter geblaas.
Saad en kunsmis word deur die dubbellyn-drukstelsel in dieselfde plantvoor geplaas, maar is ook verstelbaar sodat dit afsonderlik gedoen kan word.
Die masjien pas seksiebeheer toe, wat keer dat saad en kunsmis weer ’n keer in dieselfde plantvoor geplaas word waar dit oorvleuel.