
Veteraantrekkers en ander masjinerie (wat stoom- en handgedrewe modelle insluit) sal te sien wees saam met moderne werktuie.
Stadsjapies kan ook kom kyk na ploegdemonstrasies, die afdop van mielies, maal van meel, baal van hooi, tradisionele broodbak en die melk van koeie. Besoekers kan smul aan tradisionele kos, soos pap en kaaiings, of hul eie piekniek hou.
Die geskiedkundige landboumuseum langs die N4-snelweg word benut vir die bewaring van tradisionele landbou-toerusting en -praktyke. Die plaasfees, wat gesamentlik deur die Hoëveld-veteraantrekker en -enjinklub en die museum aangebied word, se inkomste word gebruik om uitstalgeriewe by die museum te verbeter.
Toegang is R20 vir volwassenes en R5 vir skoolgaande kinders. Navrae: Charlie Crawford, 082 808 5950