ZM Pompe pomp water kostevry as 'n mens lopende water het. ZM Pompe is al 25 jaar in gebruik in Brasilië en is nou ook in Suid-Afrika beskikbaar.
Indien 'n mens 'n rivier, stroom, spruit, of kanaal het wat deur jou grond loop, kan 'n mens water 12 km ver en tot 300m hoog pomp - sonder die gebruik van elektrisiteit of brandstof. Die pomp maak gebruik van die lopende water om die waterwiel aan te dryf, wat op sy beurt 'n es-sentriese suierpomp aandryf. Die pompe kom in 6 groottes wat vanaf 2 500 tot 100 000 liter per dag (24 uur) kan lewer vir opgaar in damme, veesuipings, tonnel- en drupbesproeing.
Die pomp kan op drie verskillende maniere geïnstalleer word. Eerstens is daar die waterwiel wat ook die mees doeltreffendste is; dan is daar 'n vlotstelsel wat regstreeks in die rivier geplaas kan word, en laastens die paddel-wiel. Installering is eenvoudig en kan maklik self gedoen word. Afgesien van die leerseëls wat van 8 tot 18 maande vervang moet word, is daar slegs SAE 90-ratkasolie wat van tyd tot tyd nagegaan moet word.
In die lig van die kragprobleme en die prys van diesel is hierdie 'n maklike, praktiese en logiese oplossing vir boere wat daagliks water moet verskuif na damme, boorde en diere. Dié pompe loop 24 uur sonder veel aandag.
ZM Pompe, wat in Johannesburg gestationeer is, voorsien pompe nie net in Suid-Afrika nie, maar die hele Afrika. Elke pomp het 'n 2 jaar-waarborg en alle onderdele word in voorraad gehou.
Windpomp
Die windpomp het 'n windtoring van 12 meter. Die minimum vereiste windspoed is 3,5 meter per sekonde. Die pomp is 'n dubbel-aksie suierpomp.
Die pomp se werkverrigting sal bepaal word deur die windspoed. Met 'n goeie sterkte wind het die pomp 'n lewering van tot 1 360 liter per uur. Die pomp kan direk van 'n rivier of dam pomp en uit boorgate wat tot 150 meter diep is. Indien jou boorgat slegs 50 meter diep is sal hy die oorblywende 100 meter vir jou in kophoogte lewer. Die ratkas is op grondvlak, wat alle dienste en herstelwerk vergemaklik. Die skroef bestaan uit 18 lemme wat met 'n gesinchroniseerde veerstelsel, wat die lemme oop- en toemaak in verskillende windspoede. Die stelsel gee 'n mens maksimum-lewering en beskerm die skroef.
Hidro-maxxi hoëdrukwasser
Die hidro-maxxi is 'n twee-in-een-produk. Lewering is 900 liter per uur teen 40 bar as hoëdrukwasser en waterpomp.
Die wasser is gemaak vir rowwe buite-hantering en slegs sy wiele is van plastiek.
Die 1,1 kw motor kan 12 ure werk sonder om te verhit. Met 15 liter per minuut kan grootter oppervlaktes vinniger gedek word. Die hidro-maxxi is ideaal vir die gebruik in melk/vark/hoender en bye-plase.
Indien 'n mens dit nie as wasser gebruik nie, kan dit aangewend word as 'n elektriese waterpomp met 'n lewering van 450 liter per uur. Dié wasser se suier-stelsel kan hitte tot 60 grade C weerstaan. Groter modelle wat tot 30/45 liter per minuut lewer, is ook beskikbaar.
Tel. 011 240 6900
Fax 011 493 7755
59 Trumpstreet
Selby
Johannesburg
E-pos: frikkie@papersmith.co.za
Webwerf: www.zmpompe.co.za
18 Februarie 2008