Dié produk is 'n verskuifbare, opvoubare koelkamer wat bestaan uit 'n deurmuur/oorvurk-verkoelingseenheid en panele wat inhaak deur 'n spesiaal vervaardigde PVC-tong-en-groefstelsel te gebruik, sodat panele eenvoudig by mekaar inhaak. Anders as ander weergawes wat op die mark beskikbaar is, is hierdie spesifieke ontwerp sterk genoeg sodat dit verskeie kere opgerig of afgetakel kan word. Dit is dus baie veelsydig en ekonomies.
Tans word 6 m-houers toegerus met verkoeling en gebruik vir grootmaatverkoeling van produkte by spesiale geleenthede en uitstallings. Dié eenhede is volledig en moet deur swaar voertuie vervoer word. Dit is ook lomp, moeilik om te vervoer en word hoofsaaklik buitenshuis geplaas omdat dit onooglik en baie swaar is.
Die opvoubare koelkamers word vervaardig as 'n stel. Die eenheid van 2,4 m x 2,4 m weeg net 500 kg en pas maklik op die bak van enige standaard-1 ton-vragmotor. Indien ekstra ruimte benodig word, kan die koelkamer verleng en vergroot word deur slegs ekstra panele by te voeg. Die oprigting van die gemiddelde eenheid neem nie langer as 20 tot 40 minute nie. Omdat die panele nie meer as 20 kg weeg nie, kan die koelkamer op byna enige plek opgerig word - binnens- of buitenshuis.
Die ewige nie-in-voorraadsituasie, asook die lomp en onooglike houers, het bygedra tot die enorme belangstelling in ons produk deur dié markspelers:
Kontakbesonderhede:
Posadres:
Coolspace (Pty) Ltd., Posbus 497, Modderfontein 1645
Tel.nr.: (011) 452 5109
Faks: (011) 452 3834 of (011) 609 3192
E-pos: sales@coolspace.co.za
Fisiese adres:
Bruntonsirkel 49, Founders View South, Modderfontein 1609
14 Augustus 2008